Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sale Sharks se Bok vir 3 weke geskors

Die Engelse klubspan Sale Sharks moet vir drie weke sonder die dienste van die Springbok-losvoorspeler Jean-Luc du Preez klaarkom nadat hy geskors is vir vuilspel.

Jean-Luc du Preez ontvang ’n rooikaart by die skeidsregter Luke Pearce. Foto: Getty Images

Du Preez (24) is Saterdag afgestuur in sy span se nederlaag met 13-20 teen die Worcester Warriors omdat hy ’n teenstander met die skouer geloop het.

Sy skouer het kontak gemaak met Graham Kitchener se gesig by ’n losskrum, met die Worcester-speler wat daarna mediese behandeling moes ontvang.

Du Preez het Woensdag voor ’n dissiplinêre komitee verskyn en skuld erken.

Hy sal twee Europese Kampioenebeker-kragmetings teen Exeter Chiefs asook ’n Engelse Premierliga-wedstryd teen Northampton Saints misloop.

Die voormalige Superrugby-staatmaker vir die Haaie mag terugkeer vir Sale se wedstryd teen Bath op 28 Desember.

Die betrokke voorval gebeur op 2 minute in die onderstaande video.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.