Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sanzaar gee Saru 48 uur om te besluit
Sal Siya Kolisi se Bokke gereed wees om oor minder as ’n maand die Poemas in die Rugbykampioenskap te pak? Foto: Gallo Images

’n Verdere 48 uur van onsekerheid.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Dinsdag ’n spertyd van 48 uur gekry om sy reëlings vir die Springbokke se deelname aan vanjaar se Rugbykampioenskap in Australië te finaliseer.

Die beheerliggaam Sanzaar het in ’n verklaring gesê die uitvoerende hoofde van sy lidlande het op ’n telekonferensie ingestem dat Saru meer tyd kry om sy gesprekke met “interne rolspelers” te finaliseer.

Dit volg nadat Saru Saterdag in ’n verklaring aangedui het hy moet nog oor verskeie hekkies kom voordat die wêreldkampioen na Australië kan vlieg.

Sanzaar sê dié vergunning sal die Springbokke se beplande vlug vertraag en daar sal in die komende dae ’n aankondiging gedoen word.

Die Rugbykampioenskap, wat vanjaar weens die Covid-19-pandemie in Australië gespeel word, begin op 31 Oktober met ’n toets tussen die Wallabies en die All Blacks. Dit vorm ook deel van die huidige Bledisloebeker-reeks tussen die lande.

Suid-Afrika is veronderstel om op 7 November sy aanslag in Brisbane teen Argentinië te begin.

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Saru  |  Sanzaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.