Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sanzaar-voorsitter bedank
Brett Impey, Sanzaar-voorsitter, gaan bedank. Foto: Getty Images

Brett Impey, die voorsitter van Nieu-Seeland Rugby, het Dinsdag gesê hy gaan teen die einde van die jaar as voorsitter van Sanzaar bedank om plek te maak vir ’n onafhanklike hoof vir dié beheerliggaam van rugby in die Suidelike Halfrond.

Impey is die afgelope vyf jaar al die voorsitter van Sanzaar, ’n gesamentlike onderneming tussen Suid-Afrika, Australië, Argentinië en Nieu-Seeland wat toesig hou oor toetse in die Rugbykampioenskap en die Superrugby-reeks.

Die alliansie is vanjaar kwaai getoets weens die onderbrekings wat deur die wêreldwye Covid-19-pandemie geskep is.

Sanzaar het vroeër vandeesmaand gesê dié liggaam sal geherstruktureer word en ’n nuwe, strategiese tienjaarplan sal in werking gestel word.

Die voorsitterspos is voorheen tussen die lidlande geroteer.

Impey meen egter dat dit, veral met die spel in sy huidige krisis, tot ’n konflik van belange gelei het.

“Ek dink dis tyd vir Sanzaar om fundamentele veranderings aan sy bestuurstruktuur te maak. Dit sal vermag kan word met ’n onafhanklike voorsitter aan die stuur,” het Impey in ’n verklaring, wat Nieu-Seeland Rugby uitgereik het, gesê.

Ek glo daar is nou ’n konflik van belange vir enige land as iemand die voorsitter van ’n rugbyunie én van Sanzaar is.
Brett Impey

“Toe verandering nie so noodsaaklik was soos nou nie, het die rotasiebeleid gewerk, maar ek glo daar is nou ’n konflik van belange vir enige land as iemand die voorsitter van ’n rugbyunie én van Sanzaar is.”

Sanzaar het Impey in ’n verklaring vir sy “energie en harde werk” bedank en gesê ’n onafhanklike voorsitter sal nou vir die eerste keer aangewys word.

Andy Marinos, uitvoerende hoof van Sanzaar. Foto: Getty Images

“Sanzaar glo nou al geruime tyd dat dit in almal se belang is om ’n onafhanklike voorsitter te hê,” het Andy Marinos, die liggaam se uitvoerende hoof, gesê.

Die Covid-19-pandemie het vanjaar Sanzaar se kompetisies kwaai ontwrig.

Die Springbokke het uit die Rugby Kampioenskap onttrek en Nieu-Seeland, Australië en Suid-Afrika het elk besluit om hul eie weergawes van Superrugby te speel.

Saru het hom onlangs verbind om vir nog ’n dekade in die Rugbykampioenskap te speel, maar het sy vier spanne uit die Superrugby-reeks onttrek om van aanstaande jaar af in die Europese Pro14-reeks te speel.

Impey het gesê Sanzaar sal meer effektief wees as hy na ’n lidmaatmodel streef.

Die huidige konsensus-model tussen die vier lande is oudmodies indien ons die spel kommersieel en internasionaal wil laat groei.
Brett Impey

“Die huidige konsensus-model tussen die vier lande is oudmodies indien ons die spel kommersieel en internasionaal wil laat groei,” het hy gesê.

“ ’n Lidmaatmodel sal die groep toelaat om saam op te tree oor kwessies soos die globale kalender, reëls, regulasies, bestuur en wedersydse kommersiële belange.

“Tans is dit vir Sanzaar baie moeilik om veranderinge aan te bring.” – Reuters

Meer oor:  Andy Marinos  |  Nieu-Seeland  |  Bestuur  |  Sanzaar  |  Rugby  |  Voorsitter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.