Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Saracens leen WP se Damian vir 3 maande
a
Damian Willemse is op pad na Saracens in Engeland. Foto: Gallo Images

Die Engelse rugbyklub Saracens het bevestig dat hy ’n leen-ooreenkoms met die Westelike Provinsie gesluit het om die dienste van die Springbok-agterspeler Damian Willemse te bekom.

Willemse (21) sal die volgende drie maande vir Saracens beskikbaar wees voordat hy terugkeer vir voorseisoense voorbereiding saam met die Stormers vir aanstaande jaar se Superreeks.

Saracens het die WP genader omdat sy topspelers vir Engeland diens gaan doen in die Wêreldbeker-toernooi en sy diepte verder uitgedun is weens beserings aan die heelagter Alex Goode en losskakel Max Malins. Willemse kan albei daardie posisies speel en is ook al op binnesenter ingespan.

“Ons is dankbaar dat die WP vir Damian toegelaat het om sy rugby vir die volgende drie maande by Saracens te kom speel. Hy is ’n talentvolle jong speler,” sê Mark McCall, Saracens se direkteur van rugby.

Ofskoon Willemse die gevaar gaan loop om ’n besering op te doen, het die Stormers se afrigter, John Dobson, verlede maand aangedui dat hy dié skuif as ’n positiewe verwikkeling sal beskou, omdat dit sy losskakel sal help om sy taktiese skopwerk op te skerp. 

Meer oor:  Saracens  |  Damian Willemse  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.