Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Saracens uit Premierliga geskop

Die Engelse rugbyklub Saracens sal beslis ná die huidige seisoen uit die Premierliga gerelegeer word.

Premiership Rugby, die beheerliggaam van die kompetisie, het dié besluit Saterdagaand laat in ’n verklaring bekend gemaak.

Owen Farrell lei Saracens van die veld ná die span se wedstryd in Desember teen die Exeter Chiefs. Foto: Getty Images

Saracens, die verdedigende kampioen, is in November 2019 met 35 ligapunte beboet en moes meer as £5 miljoen (sowat R92 miljoen) opdok, omdat hy die reëls met betrekking op die salarisse van spelers oortree het.

Die span is in elk geval tans laaste op die puntelys met -7 punte, en is deur relegasie in die gesig gestaar as hy die seisoen in die laaste plek sou afsluit.

Die besluit dat Saracens beslis gaan afskuif, is ná gesprekke tussen die beheerliggaam en die klub geneem.

Darren Childs, uitvoerende hoof van Premiership Rugby, sê in die verklaring daar is besluit om standpunt in te neem.

Premierliga Rugby is bereid om sterk standpunt in te neem sodat die reëls toegepas word wat regverdige mededinging tussen die spanne verseker.
Darren Childs

“Premierliga Rugby is bereid om sterk standpunt in te neem sodat die reëls toegepas word wat regverdige mededinging tussen die spanne verseker.

“Ná die gesprekke met Saracens oor die nakoming van die regulasies wat betref die salariskerf van spelers, is besluit dat Saracens ná die seisoen gerelegeer sal word.

“Die stappe wat ons gedoen het sal ons help om ’n sterker liga te bou en die vertroue van toeskouers te behou,” sê Childs.

By Neil Golding, voorsitter van Saracens, is daar geen twyfel dat sy klub skuldig is nie.

“As die nuwe voorsitter van Saracens erken ek dat die klub in die verlede foute gemaak het en ons vra onvoorwaardelik verskoning daarvoor.”

Nigel Wray, die klub se vorige voorsitter het, het waarskynlik die skrif aan die muur gesien. Hy het vroeg in Januarie, met onmiddellike ingang, die tuig neergelê.

Die toekoms van ’n groot gros bekende internasionale spelers wat vir die klub speel, is onseker.

Engelse toetsspelers soos die losskakel Owen Farrell en die slot Maro Itoje is op die klub se boeke.

Daar is ook ’n sterk Suid-Afrikaanse geurtjie met Vincent Koch, Michael Rhodes en Brad Barritt wat vir die klub uitdraf.

Volgens die verklaring sal Saracens wel al sy verpligtinge die seisoen in die Premierliga nakom.

Meer oor:  Saracens  |  Engeland  |  Engelse Premierliga  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.