Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Saracens waarsku oor steun vir Israel

Die Engelse losvoorspeler Billy Vunipola het ’n “formele waarskuwing” ontvang, met sy klubspan, Saracens, wat sê hy het ’n “ernstige oordeelsfout begaan” deur Israel Folau se omstrede uitlatings op sosiale media te verdedig.

Folau, wie se kontrak Maandag deur Australiese rugbybase beëindig is, het verlede week op Instagram gesê “die hel wag vir dronkaards, homoseksuele, egbrekers, leuenaars, hoereerders, skelms, ateïste en dienaars van afgode” en dat hulle tot bekering moet kom. Net Jesus kan hulle red, lui die plasing.

Die klub sê in ’n verklaring hy het ’n “omslagtige gesprek” met Vunipola gevoer.

Saracens se Billy Vunipola die naweek in aksie teen Bristol. Foto: Getty Images

“Die speler het ’n formele waarskuwing oor sy gedrag in die toekoms ontvang,” sê Saracens.

“By Saracens is ons een gesin, oop vir almal, en van die uitgangspunt dat almal gelyk behandel moet word met die nodige respek en nederigheid.

“Ons herken die ingewikkelde aard van verskillende geloofstelsels en verstaan dat Billy hom wou uitspreek oor die Woord van God, eerder as om aanstoot te gee.

“Maar hy het ’n ernstige oordeelsfout begaan deur sy mening in die publiek te deel, wat teenstrydig is met die waardes van die klub en sy kontraktuele verpligtinge.”

Die Engelse agtsteman het terselfdertyd sy eie verklaring uitgereik.

“Ek kan sien dat my onlangse plasing mense seergemaak het,” sê hy.

“My bedoeling was nooit om lyding te veroorsaak nie. My bedoeling was om my geloof in die Woord van God uit te spreek. Hierdie geloof is ’n bron van groot krag, gerustheid en leiding in my lewe.

“Enigiemand wat my ken, weet ek lewe met goedhartigheid en liefde teenoor alle mense.”

Dit is dalk nie die einde van die saak vir Vunipola nie, wat die naweek uitgejou is in Saracens se nederlaag teen Bristol. Die Engelse Rugbyunie sê hy beplan om vandeesweek met die speler te vergader.

Raelene Castle, Rugby Australië se uitvoerende hoof, het Maandag gesê Folau het hom skuldig gemaak aan ’n “hoëvlak-oortreding van die beroepspelers se gedragskode wat sy afdanking regverdig”.

Die Wallaby-ster het 48 uur om die afskaffing van sy kontrak te aanvaar. Indien nie, moet hy hom voorberei om voor ’n gedragskode-verhoor te verskyn.

* Die Engelse Rugbyunie (RFU) het net Saracens ook 'n amptelike waarskuwing aan Vunipola gerig.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Saracens  |  Billy Vunipola  |  Israel Folau  |  Superruby  |  Raelene Castle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.