Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Saru gee vir Jurie helpendehand

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gaan ’n bedryfshoof aanstel om die druk op die uitvoerende hoof, Jurie Roux, te verlig.

Aansoeke vir dié pos het Vrydag gesluit nadat dit intern en die afgelope week by provinsies geadverteer is.

Jurie Roux

Die nuwe pos, wat al lankal op die kaarte is, is intern by SA Rugby geadverteer maar ook die week aan die provinsies gestuur. Aansoeke vir die pos het Vrydag gesluit.

Roux se verpligtinge as een van Suid Afrika se verteenwoordigers by Sanzaar, die beheerliggaam van die Superreeks, en Wêreldrugby maak dit vir hom soms baie moeilik om op daaglikse bedryfstake te konsentreer. Daar word lank al in rugbysirkels daaroor gekla.

Die nuwe pos wat geskep is, sal die geskikte kandidaat in die posisie stel om Saru se bedryfsplan uit te voer en die werknemers te bestuur. Roux sal dan meer tyd hê om strategies te werk en Saru ekstern te verteenwoordig.

Die pos benodig iemand met ’n nagraadse kwalifikasie in besigheidsadministrasie of soortgelyk, asook tien tot 15 jaar se ervaring, waarvan tien jaar in ’n senior leierspos moet wees. Die persoon moet ook oor ten minste vyf jaar se ervaring in sport beskik.

“Jurie is gewoonlik te besig, of hy reis oorsee na vergaderings toe, en dikwels moet werknemers en belanghebbendes om sy skedule werk. Dit kan projekte vertraag en bemoeilik,” het ’n bron aan Rapport gesê.

“Om ’n tweede in bevel vir Jurie aan te stel, sal dinge baie vergemaklik.

“Die daaglikse take sal makliker hanteer word.”

’n Ander bron het aan Rapport gesê dat Saru se uitvoerende hoof meer by die wêreldwye rugbylandskap betrokke moet wees.

Dis veral met die beplande Wêreldliga en Suid-Afrika se rolle by die Pro14-kompetisie en Sanzaar in gedagte.

“Met rugby wat nou ‘n globale sport is, het SA Rugby rerig iemand in die kantoor nodig om te verseker die wiele bly draai, terwyl daar ook ‘n groeiende nood is vir ‘n uitvoerende hoof om die strategiese vrae in Wêreldrugby te help beantwoord.”

‘n Aankondiging oor die suksesvolle kandidaat word binne ‘n paar weke verwag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.