Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Saru: Small het Bok-rugby versinnebeeld
James Small op pad doellyn toe teen die Wallabies. Foto: Gallo Images

’n Man wat “altyd ’n spesiale plek in die Suid-Afrikaners se harte sal hê”.

Só het Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), hulde gebring aan die voormalige Springbok-vleuel James Small, wat Woensdag in die ouderdom van 50 gesterf het nadat hy vermoedelik ’n hartaanval gehad het.

“James het altyd met die soort passie en dapperheid gespeel wat Springbok-rugby versinnebeeld. Hy het op dieselfde manier gelewe. Op 50 is hy op ’n té jong ouderdom oorlede. Ons wil ons medelye aan sy familie en vriende in hierdie baie hartseer tyd betuig,” het Alexander in ’n nuusverklaring deur Saru gesê.

Smal het sy buiging vir Suid-Afrika in 1992 se toets teen Nieu-Seeland op Ellispark gemaak. Hy het die laaste van sy 47 toetse in 1997 teen Skotland op Murrayfield gespeel.

In sy provinsiale loopbaan het Small vir Transvaal (nou die Goue Leeus), Natal (nou die Haaie) en Westelike Provinsie gespeel. Hy het die Curriebeker in die kleure van die WP en Haaie verower.

Meer oor:  James Small  |  Saru  |  Mark Alexander  |  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.