Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Saru ondersoek rugbyspeler se dood
Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gaan die dood van ’n rugbyspeler ondersoek wat verlede week in ’n toernooi gespeel het wat strydig is met Covid-19-regulasies

Vizicelo Sebenza Zondani is weens ’n ernstige besering dood, wat hy opgedoen het toe hy op 24 Oktober in ’n toernooi naby King William’s Town in aksie was. Klubwedstryde word nog deur Saru verbied.

“Dis ’n tragiese voorval wat nooit moes plaasgevind het nie. Ons harte gaan uit na sy familie, vriende en spanmaats,” sê Mark Alexander, Saru se president, in ’n nuusverklaring.

“Ongelukkig druis hierdie regstreeks in teen ons riglyne, omdat alle amateurwedstryde vir dié jaar opgeskort is. Al ons unies, klubs en ander liggame dra kennis daarvan.

Die toernooi moes nooit plaasgevind het nie en ons gaan die voorval, asook die toernooi omvattend ondersoek.
Mark Alexander

“Die toernooi moes nooit plaasgevind het nie en ons gaan die voorval, asook die toernooi omvattend ondersoek.”

Terwyl daar nog nie gespeel mag word nie, het Saru se Covid-19-komitee wel ’n voorstel goedgekeur wat amateurklubs, universiteite en skolespanne toelaat om onder streng voorwaardes weer te begin oefen.

Indien Saru se protokolle rakende ’n terugkeer na oefening nie gevolg word nie, word spelers aan ’n ernstige risiko van beserings blootgestel.

Volgens Saru-regulasies moet daar vier weke se fiksheid en kondisioneringsafrigting wees en daarna vier weke se stelselmatige integrasie van kontakvaardighede.

Daar word van betrokke unies verwag om seker te maak dat die nakoming van daardie reëls afgedwing word.

Saru administreer self die Grens en wou nie Woensdag verdere kommentaar oor die saak lewer nie.

Meer oor:  Mark Alexander  |  Oos-Kaap  |  King William’S Town  |  Besering  |  Dood  |  Klubrugby  |  Ondersoek  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.