Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Saru gereed vir eerste vroue-president’

Die verteenwoordiging van vroue op topvlak in Suid-Afrikaanse rugby het ’n groot hupstoot gekry.

Daar is Dinsdag op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se algemene jaarvergadering twee veranderinge aan die beheerliggaam se grondwet gemaak om geslagsdiversiteit te bevorder.

Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Foto: Gallo Images

Elke unie se afvaardiging, wat hoofraadsvergaderings bywoon, sal voortaan minstens een vrou moet insluit.

Daar word met die tweede besluit toegesien dat vroue ook in Suid-Afrikaanse rugby se uitvoerende raad sal dien.

Om dit moontlik te maak, is die verteenwoordiging van unies by raadsvergaderings van twee tot drie lede aangepas, met elke lid wat stemreg het.

Daar is drie sulke vergaderings per jaar, wat die algemene jaarvergadering insluit.

Minstens drie vroue sal die volgende paar jaar in die uitvoerende raad van 12 tot 14 mense dien.

Die besluit oor die verandering aan die grondwet is vir die tydperk van 2021 tot 2025 goedgekeur.

“Dit is ’n beduidende en trotse dag vir SA Rugby,” het Mark Alexander, Saru se president, die verwikkeling beskryf.

Met minstens 14 vrouelede onder die afvaardigings in ons hoofraad, is die moontlikheid van ’n vrou wat as Saru-president dien, glad nie vergesog nie.

“Ons het agterweë gebly met die verteenwoordiging van vroue in die spel en die besluite is ’n groot stap vorentoe.

“Die besluitnemers in ons sport was nog byna altyd eksklusief ’n groep mans en die veranderinge sal toesien dat daardie dae nou tot ’n einde gekom het.

“Met minstens 14 vrouelede onder die afvaardigings in ons hoofraad, is die moontlikheid van ’n vrou wat as Saru-president dien, glad nie vergesog nie.”

Die uitvoerende raad het in die verlede voorsiening gemaak vir vroue, maar die verandering aan die grondwet sal hulle verteenwoordiging nou waarborg.

Alexander sê dit is een van Saru se grootste prioriteite om die spel onder vroue te laat groei en die besluite sal daardie doelwit verdere stukrag gee.

“Die beeld van rugby wat uitsluitlik ’n omgewing vir mans is, is besig om te verdwyn en ons sport sal baie sterker en meer divers wees danksy die besluite wat geneem is.”

Die veranderinge is met onmiddellike ingang van krag en die nuwe vrouelede sal in Junie hul eerste vergadering van die hoofraad bywoon.

Meer oor:  Hoofraad  |  Mark Alexander  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.