Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Saru skors rugbybaas Mentz
Hein MentzFoto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het ’n lid van sy uitvoerende raad, Hein Mentz, geskors.

Volgens ’n woordvoerder van Saru is Mentz verlede maand weens ’n “ernstige oortreding” van die beheerliggaam se gedragskode geskors nadat ’n tugproses afgehandel is.

“Mnr. Mentz is geskors uit Saru se uitvoerende raad en alle rugbykomitees vir die oorblywende tyd van sy termyn,” het die woordvoerder gesê.

Saru sê die rede vir Mentz se skorsing is vertroulik.

Mentz het ook sy skorsing bevestig, maar wou nie onmiddellik die redes bekendmaak nie.

“Dit is waar dat ek geskors is. Ek sal ’n volledige dokument uitreik waarin ek my kant van die saak stel en die onderliggende redes bekendmaak,” het hy aan Netwerk24 gesê.

Mentz, wat voorheen die president van die Mpumalanga Rugbyunie was, is in April 2018 tot Saru se uitvoerende raad verkies. Sy termyn sou eers in Maart 2022 verstryk het.

Hy is bekend as ’n rugbybaas wat reguit praat en sterk standpunt inneem.

Meer oor:  Geskors  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.