Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Saru wik en weeg nog oor WB-bod

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) wik en weeg nog of hy gaan bie om die Wêreldbeker-toernooi in 2027 of 2031 aan te bied, maar volgens Wêreldrugby is dit deur en deur die moeite werd.

Trouens, die beheerliggaam het vandeesweek ’n verslag openbaar gemaak waarin gesê word dat ’n WB-toernooi se ekonomiese impak tot £2,9 miljard werd kan wees en dat die besteding van besoekers aan ’n land tot £1,1 miljard kan beloop.

Dit volg op ’n “onafhanklike ontleding” van vorige WB-toernooie, wat ter inligting aan belangstellende lande gedoen is.

Die Webb Ellis-trofeë, wat in Suid-Afrika se trofee-kabinet staan. Foto: Getty Images

’n Woordvoerder vir Saru sê dat die Suid-Afrikaanse beheerliggaam nog sy “opsies oorweeg” en dat geen besluit al geneem is oor ’n moontlike bod nie.

Daardie standpunt spruit uit die feit dat Suid-Afrika deur Rugby World Cup se direksie as verkose gasheerland vir 2023 se WB-toernooi geïdentifiseer was, maar dat die toernooi aan Frankryk toegeken is nadat lidlande in 2017 daaroor moes stem.

Suid-Afrika was ook nie suksesvol met ’n paar vorige pogings om die WB-toernooi die eerste keer sedert 1995 weer aan te bied nie.

Moontlik is die vraag of daar ’n pad om die rugbywêreld se politieke en ekonomiese bestel is. Suid-Afrika se deelname aan die Pro14-reeks bied hom die geleentheid om sterker alliansies met lande in die Noordelike Halfrond te smee.

Dat die Suid-Afrikaanse ekonomie kan doen met ’n wêreldskouspel, is gewis so. Terselfdertyd is dit ook ’n ope vraag of die regering in ’n posisie is om finansiële waarborge te bied.

Benewens die syfers wat reeds genoem is, is ander faktore in terme van ekonomiese impak en toerisme as volg uiteengesit, gegrond op ’n ontleding van die vorige toernooie:

• Kaartjieverkope van tussen 1,6 en 2,6 miljoen.

• Tussen 150 000 en 450 000 besoekers van oorsee.

• Besoekers bly vir ’n gemiddeld van twee weke en bestee gemiddeld £2 600.

• Tussen 10 000 en 28 000 werkgeleenthede word geskep.

Ander positiewe aspekte waarvan melding gemaak word, is die sielkundige effek op mense wat as vrywilligers optree, die groei in spelersgetalle ná ’n toernooi aangebied is en handels- en diplomatieke bande wat gesmee kan word.

Die proses om die gasheerlande vir 2027 en 2031 se toernooie aan te wys, begin in Februarie met ’n “dialoogfase”.

Rugby World Cup praat nou reeds met die lande om hulle daarop voor te berei.

Daarna word die kandidate geïdentifiseer en volg die evaluering en besluitneming. Die proses sal waarskynlik in Mei 2022 afgehandel wees.

Meer oor:  Wêreldbeker-Toernooi  |  Wêreldbekerrugby  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.