Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SAUK saai nie Wêreldbeker-toernooi uit

Die SAUK het Maandag bevestig dat hy nie die Wêreldbeker-rugbytoernooi op sy televisiekanale sal beeldsend nie, berig Sport24.

Vuyo Mthembu, die uitsaaier se woordvoerder, het in ’n twiet bevestig dat die SAUK nie die uitsaairegte bekom het om die wedstryde uit te saai nie.

“Dit sou nie kommersieel lewensvatbaar gewees het nie,” het Mthembu in dié twiet gesê.

In ’n opvolg-twiet het Mthembu gesê die uitsaaier is bewus van die nasionale belang in sport, maar “dat ons nie ooreenkomste sal aangaan wat nie kommersieel lewensvatbaar is nie”.

Die SAUK het aanvanklik gesê die Wêreldbeker sal ook nie op enige radiokanale uitgesaai word nie. Die aanvanklike verklaring is later gewysig om te sê dat onderhandelinge vir radiouitsendings met ’n maatskappy genaamd IMG – en nié Multichoice nie – was.

Mthembu kon nie Maandagaand vir verdere kommentaar bereik word nie.

Die Wêreldbekertoernooi skop Vrydag af met die eerste wedstryd tussen Japan en Rusland.

Saterdag kom die Springbokke teen die All Blacks te staan in hul eerste wedstryd van die toernooi.

Meer oor:  Sauk  |  Wêreldbeker-Rugbytoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.