Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black Ardie, dra jou mondskerm!
Kyk net daai klappers! Ardie Savea wys sy tande gedurende verlede naweek se toets tussen die All Blacks en die Wallabies in Auckland. Dis Beauden Barrett wat die losvoorspeler so lekker omhels en regs is Shannon Frizell. Foto: Getty Images

Die losvoorspeler Ardie Savea sal aan die Nieu-Seelandse rugbybase moet verduidelik waarom hy nie verlede naweek ’n mondskerm in die All Blacks se Bledisloebekertoets teen die Wallabies in Auckland gedra het nie.

Hoewel dit nie volgens Wêreldrugby se reëls verpligtend is vir spelers om mondskerms in wedstryde te dra nie, het Nieu-Seeland Rugby ’n ooreenkoms met sy spelers om dit te doen.

Dié ooreenkoms met spelers is ingestel om mediese koste te beveg en ook om die spelers teen mondbeserings te beskerm.

Savea is egter volgens Stuff.co.nz ’n gewoonte-oortreder van die reël. Sy breë, mondskermlose glimlag is die afgelope jare gereeld op die veld gesien.

Hy is al in 2013 gedurende ’n provinsiale wedstryd deur ’n skeidsregter van die veld gestuur om ’n mondskerm te gaan haal.

Drie jaar later was hy in die sop omdat hy weer nie ’n mondskerm gedurende die All Blacks se toetsreeks teen Wallis gedra het nie.

Savea is tans met spesiale verlof omdat sy vrou Saskia hul tweede kind verwag. – Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Ardie Savea  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Bledisloebeker  |  Rugbykampioenkap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.