Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ardie is spelers se Speler van die Jaar

Ardie Savea is deur sy medespelers as die All Blacks se beste vir 2019 aangewys.

Ardie Savea / Foto: Getty Images

Die Nieu-Seeland Rugbyspelersvereniging het sy wenners vir die seisoen aangekondig. Spelers het gestem vir die benoemdes.

Savea is as spelers se internasionale manspeler van die jaar aangewys. Hy het sy All Black-spanmaats Beauden Barrett, Anton Lienert-Brown, Kieran Read en Codie Taylor om die louere uitgestof.

Savea, wat in nege toetse vir die All Blacks in 2019 gespeel het, is benoem as Wêreldrugby se speler van die jaar ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi, maar is deur die Springbok Pieter-Steph du Toit geklop.

Die All Black-losvoorspeler gaan weens ’n besering lank op die kantlyn wees, na sy aankondiging vroeër die maand dat hy ’n knieoperasie moet ondergaan. Hy gaan die grootste gedeelte van die Superrugby-seisoen by die Hurricanes misloop, berig die New Zealand Herald.

In die ander kategorieë is Charmaine McMenamin as die spelers se internasionale vrouespeler van die jaar aangewys.

Tone Ng Shiu is die sewes-manspeler van die jaar en Ruby Tui is die sewes-vrouespeler van die jaar.

Die Crusaders-vleuel Sevu Reece is aangewys as die spelers se Superrugbyspeler van die jaar en Bay of Plenty se Chase Tiatia is die Mitre 10-bekerspeler van die jaar.

Beauden Barrett, Lienert-Brown en Savea is almal benoem as die All Black se speler van die jaar, terwyl die Black Ferns se Kendra Cocksedge, Ayesha Leti-I’iga en McMenamin almal in die wedloop is om as die Black Ferns se speler van die jaar aangewys te word.

– Sportredaksie

Meer oor:  Ardie Savea  |  Toetsrugby  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.