Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Savea laat Kiwi’s gons met rugbyliga-plan
Ardie Savea, die All Blacks se grootste uitblinker in die 2019 Wêreldbeker-toernooi, oorweeg dit om die water in rugbyliga te toets. Foto: Getty Images

Die All Black Ardie Savea, een van die beste en gewildste rugbyspelers in Nieu-Seeland, het vir ’n ligte opskudding onder sy landgenote gesorg toe hy vandeesweek gesê het hy oorweeg dit om van kode te verander en rugbyliga te speel.

Dié begaafde losvoorspeler, wat van ’n knieoperasie herstel, het volgens nzherald.com die eerste keer dié nuus op die Ice Project-potsending gebreek toe hy van sy begeerte gepraat het om in die NRL (Australië en Nieu-Seeland se rugbyliga-kampioenskap) te speel.

Volgens Savea was dit vir hom ’n opwindende vooruitsig om ’n nuwe spel aan te leer en te sien of hy daarin ook kon oorheers, soos wat hy in die vyftienman-spel maak.

Ek wil myself toets en ek het ook gesien hoe baie dit vir spelers soos Sonny Bill Williams beteken het om in albei kodes te speel.
Ardie Savea

“Ek wil myself toets en ek het ook gesien hoe baie dit vir spelers soos Sonny Bill Williams beteken het om in albei kodes te speel,” sê Savea.

Dié beweeglike kantman het daarna in ’n tweede potsending, Staff Chat, ’n verdere rede onthul waarom hy dit sterk oorweeg om rugbyliga te speel.

“ ’n Groot rede waarom ek dit sou wou doen, is omdat ek vir Samoa wil speel,” het Savea op die potsending gesê.

Hoewel Savea in Nieu-Seeland gebore en getoë is, is sy ouers oorspronklik van Samoa, wat hom sal laat kwalifiseer om vir hul geboorteland te speel.

Ek sal graag die uitdrukking op my pa se gesig wil sien as hy uitvind ek gaan vir Samoa speel.
Ardie Savea

“Die Samoane is sulke trotse mense en lewer wêreldwyd so ’n groot bydrae tot rugby ... ek sal graag die uitdrukking op my pa se gesig wil sien as hy uitvind ek gaan vir Samoa speel.”

Toe Savea gevra is wanneer hy dit sou oorweeg om in die NRL te speel, het hy gesê dis in sy agterkop om dit volgende jaar dalk reeds op die proef te stel.

Indien Savea daad by die woord voeg, sal dit ’n groot terugslag vir die All Blacks wees, aangesien hulle die laaste paar jaar sukkel om ’n gevestigde losvoorspeler-kombinasie te vind.

Die Kiwi’s se lostrio het as ’n eenheid gesukkel in 2019, maar Savea se uitstekende individuele vertonings het baie van die krake toegepleister.

Met die ervare agtsteman Kieran Read wat boonop ook uit toetsrugby getree het, kan die All Blacks nie bekostig om ’n speler van Savea se kaliber te verloor nie. – Sportredaksie

Savea in aksie:

Meer oor:  Ardie Savea  |  Nieu-Seeland  |  Rugbyliga  |  Toetsrugby  |  Superrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.