Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Savea sê hy maak g’n skuif na Kings
Die All Black-vleuel Julian Savea, hier vir die Barbarians in aksie, ontken dat hy vir die Kings gaan speel. Foto: Getty Images

Hoewel die All Black-vleuel Julian Savea sê hy is nie op pad na die Southern Kings nie, is dit nie te sê dat daar geen spelers van die Franse klub Toulon wel in die toekoms vir die Oos-Kaapse franchise gaan speel nie.

Savea, wat vir Toulon speel, se naam is die naweek in berigte met dié van die Kings verbind.

Dié sterk vleuel, wat weens sy swak spelpeil in onguns by Mourad Boudjellal, president van Toulon, verval het, het op Twitter gesê dis nie waar nie.

“Jammer ouens, dit is nie waar nie,” het Savea getwiet in sy reaksie op die berigte van sy moontlike skuif na die Oos-Kaap.

Charl Crous, bedryfshoof van die Kings, het bevestig dat daar wel met Toulon oor sekere spelers onderhandel word.

“Natuurlik is daar sekere spelers waarna ons kyk en wat ons met hulle bespreek, maar dis ’n proses om seker te maak dat ons die spelers op ’n leenproses of kontrakbasis kry,” sê Crous.

“Dis nie iets wat oornag gebeur nie. Die spelers self, hul agente en die klub speel ’n rol.”

Crous weier volstrek om enige name van spelers te noem waarin die Kings belangstel.

As ’n mens na die huidige seisoen kyk, is dit duidelik dat die Kings top-stutte kort.

Marcel van der Merwe, wat al vir die Springbokke in die voorry gesak het, is ook by Toulon.

Dit sou net sin maak indien hy op die Kings se wenslysie is. Nes dit sin maak dat gerugte vanuit Engeland, dat die Kings in Demetri Catrakilis van Harlequins belangstel, want die Oos-Kaapse franchise soek ’n goeie, ervare losskakel.

Maar waarom het die Kings nou juis in Frankryk by Toulon gaan draai?

Charl Crous, Kings se bedryfshoof, bevestig op sy beurt dat die Kings wel oor sekere spelers van Toulon, vir wie Savea speel, met die Franse klub gesels. Regs is Deon Davids, Kings-afrigter. Foto: Gallo Images

“Hulle speel in die Noordelike Halfrond en het dieselfde kontraksiklusse as ons,” verduidelik Crous.

“Ons is nie vir mekaar kompetisie nie, maar ons kan tog vir mekaar iets beteken.

“Dit is so dat dit moeilik is om sommer net ’n kontrak met ’n speler van topgehalte te sluit.

“Sulke spelers is gekontrakteer, so jy moet met sekere klubs ooreenkom of jy hulle kan leen of van hul kontrakte vrygestel kan kry.”

Meer oor:  Toulon  |  Julian Savea  |  Top14  |  Pro14  |  Mourad Boudjellal  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.