Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Savea se uurglas loop leeg by Toulon

Julian Savea bly in onguns by sy Franse klub Toulon wat die naweek sy 11de nederlaag van die seisoen gelei het.

Julian Savea / Foto: Gallo Images

Toulon het met 18-21 tuis teen Montpellier verloor en bly tiende op die punteleer van die Top14-liga.

Savea, wat na berig word ’n jaarlikse salaris van $1,65 miljoen verdien, het die laaste maand nog nie speelkans gekry nie nadat sy swak peil blykbaar die klub se eienaar, Mourad Boudjellal, die josie in het.

Daar is tog gehoop dat hy speelkans sou kry toe die afrigter Patrice Collazo hom ingesluit het in die vergrote groep van 27 spelers vir die wedstryd teen Montpellier, maar hy was een van vier spelers wat weggelaat is met Daniel Ikpefan wat weer sy plek ingeneem het op linkervleuel.

Savea is vir die laaste drie wedstryde weggelaat, waarvan Toulon twee gewen het.

Maar Toulon se laaste twee nederlae beteken dat hulle slegs agt wedstryde gewen en 11 die seisoen verloor het.

Sy All Black-spanmaat Liam Messam was die enigste Kiwi wat vir Toulon teen Vern Cotter se Montpellier gespeel het.

Toulon het 15-7 met rustyd voorgeloop, maar hul vertoning was volgens die Franse media besaai met “foute en swak dissipline” en daarby het twee besluite hulle gekelder.

Savea is in sy eerste seisoen van ’n kontrak van twee jaar, maar Boudjellal het aangedui dat hy nie meer belangstel in die dienste van die All Black-ster nie, omdat hy nog nie ’n impak gemaak het sedert hy in Frankryk aangekom het nie.

Toulon het nog sewe wedstryde oor in die Top14-seisoen en speel die naweek weg teen Lyon.

Savea sal hoop die jongste nederlaag sal sy afrigter, Collazo, tot ander insigte dwing en sy speelgroep skommel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toulon  |  Julian Savea  |  Top14  |  Mourad Boudjellal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.