Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Scarra raak boos oor Gibbs se twiets

’n Woedende Scarra Ntubeni het Dinsdag ontken dat een van sy vriende ’n selfoonlaaier by die voormalige krieketspeler Herschelle Gibbs se huis gegaps het.

Scarra Ntubeni / Foto: Gallo Images

Ntubeni, ’n haker vir die Stormers en Westelike Provinsie se rugbyspanne, en drie vriende het Saterdagaand by Gibbs, ’n voormalige Protea-kolwer, se woning in Kampsbaai gekuier.

Die volgende dag het Gibbs getwiet dat hy beleefd genoeg was om mense in sy huis toe te laat, maar dat hulle toe by hom gesteel het. Hy het in ’n opvolgtwiet gesê dat Ntubeni ’n paar van sy vriende saamgebring het en dat hy dit "daar sal laat".

Gibbs het boonop sterk bewoorde WhatsApp-boodskappe aan Ntubeni gestuur.

“U better tell them to f**g return it or there’s gonna be s**t. Tell them to f**g man up . . . not f**g cowards. I’ll just take the footage to the police and they will come fetch him . . . simple,” het een van die boodskappe aan Ntubeni gelui.

Volgens Ntubeni was daar nagenoeg 20 ander mense by die partytjie by Gibbs se woning.

“My vriende is baie eerlike mense. Ek het saam met hulle grootgeword. Nie een van ons sal ooit so iets doen nie. Soos ek, is my vriende ontstoke, maar ek het vir hulle gesê om van Twitter af te bly en die ding net te laat oorwaai,” sê Ntubeni.

Herschelle Gibbs / Foto: Gallo Images

Ntubeni se agentskap, die Union Sports Group, het intussen besluit om regstappe te doen omdat Ntubeni se naam geskend is – eers op Twitter en daarna toe die relletjie in ’n poniekoerant beland het met die opskrif “By hooker or by crook”.

Ntubeni word in rugbykringe in die WP geken aan sy goeie karakter en beywer hom aktief vir liefdadigheid.

Ntubeni is ook teleurgesteld dat Gibbs hom na Twitter gewend het vir ’n persoonlike saak.

“As ek ’n probleem met iemand het, gaan ek met hom praat en nie die saak op Twitter uitbasuin nie. Dit maak nie vir my sin dat hy iets twiet wanneer hy net met my kon gesels het nie. Wat gaan Twitter help?” sê Ntubeni.

Toe Gibbs Dinsdag om kommentaar genader is, het hy gesê hy het niks om by te voeg nie. “Ek het klaar my sê gesê,” het hy vir Johann de Jager gesê.

Toe Gibbs daarna weer gevra is waarom hy nie eers persoonlik die saak met Ntubeni opgeneem het nie, het hy in 'n WhatsApp-boodskap gesê dat hy "vyf boodskappe vir Ntubeni gelos het, wat hy nie beantwoord het nie".

Ntubeni is tans op die krukkelys nadat hy verlede maand in ’n Curriebeker-stryd teen die Haaie sy hakskeensening geskeur het.

* Die oorspronklike berig is aangepas met bykomende kommentaar deur Gibbs.

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Scarra Ntubeni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.