Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Scarra sê jammer aan baljoggie in Bfn
Siyabonga “Scarra” Ntubeni
Siyabonga “Scarra” Ntubeni het Sondag die foto gedeel waar hy ’n WP-trui oorhandig aan ’n baljoggie ná ’n wedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein. Foto: Twitter (@skara2ntubeni)

Die rugbyspeler Siyabonga “Scarra” Ntubeni het Sondag om verskoning gevra dat hy ’n rugbybal uit die hande van ’n baljoggie tydens ’n wedstryd in Bloemfontein geslaan het.

Ntubeni het die oggend ’n foto op sosiale media geplaas waar hy vir die baljoggie, net bekend as Giovanni, ’n WP-trui gee.

“Ek het gisteraand iets heeltemal strydig met my karakter gedoen en aanvaar al die kritiek wat ek ontvang . . . Ek vra om verskoning aan almal wat ek teleurgestel het, almal wat my ondersteun en, die belangrikste, aan Giovanni,” het hy op Facebook en Twitter geskryf.

’n Videogreep van die wedstryd waar Ntubeni na die kantlyn stap en die bal uit die baljoggie se hande slaan, is sedert Saterdagaand gedeel en het kritiek onder sommige rugbyliefhebbers ontlok.

Die Cheetahs het die WP Saterdag met 38-33 geklop in die Toyota-stadion in die Vrystaat en deurgedring na die halfeindstryd van vanjaar se Curriebeker-reeks.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.