Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Scarra verdien sy kans, sê Bok-hulpafrigter
Scarra Ntubeni, haker van die Westelike Provinsie, kan straks Saterdag op Loftus Versfeld ’n Springbok word. Foto: Gallo Images

“Nie desperaat nie, eerder vasberade.”

Die spelers wat Saterdag op Loftus Versfeld teen Argentinië vir oulaas die kans kry om Rassie Erasmus, die Springbok-afrigter, te beïndruk, sal nie in die strik van desperaatheid trap nie, voorspel Matt Proudfoot, voorspelerafrigter van die Bokke.

“Rassie was van die begin af eerlik met al die spelers. Hy het al weke gelede aangedui hoe die spanne (vir die toetse voor die Wêreldbeker-toernooi) gaan lyk, behalwe as daar beserings is. Almal in die groep het geweet hulle sal ’n kans of kanse kry.”

Proudfoot sê die afgelope naweek se verowering van die Rugbykampioenskap het nie die span “se psige verander nie”.

“Dit was nie soseer ons doelwit om die kampioenskap te wen nie. Dit het egter so uitgedraai omdat die plan reg uitgevoer is. Daar is ’n paar goed reg gedoen met die oog op die Wêreldbeker (WB)-toernooi,” sê hy.

“Saterdag se toets is daarom net so belangrik soos die vorige toetse omdat dit die voortsetting van ons evolusie vir dié toernooi is.”

Proudfoot het intussen gesê hy is verheug dat die 28-jarige haker van die Westelike Provinsie Scarra Ntubeni na Pretoria ontbied is. Die verwagting is dat Ntubeni op die plaasvervangersbank kan sit met Schalk Brits wat vir die eerste keer sedert 2008 met die Bokke se nr. 2-trui toevertrou sal word.

Afgesien van die 31 spelers wat op die vliegtuig gaan wees, het jy ’n verdere agt of nege nodig wat net so goed voorbereid is. Veral op haker en skrumskakel.
Matt Proudfoot

“Jy het in ’n WB-jaar vier hakers nodig en dit was altyd die plan om diepte te skep in die kampioenskap. Afgesien van die 31 spelers wat op die vliegtuig gaan wees, het jy ’n verdere agt of nege nodig wat net so goed voorbereid is. Veral op haker en skrumskakel,” sê hy.

“Ek is bly vir Scarra. Hy speel tans goeie rugby vir die WP en is iemand wat in die groep gerespekteer word. Hy was al by ’n hele paar Bok-oefenkampe en op toere en dit sal sy debuut wees as hy Saterdag ’n kans kry. Scarra het al baie beserings gehad en moes hard werk om deur die taai tye te kom en ek is opgewonde vir hom.”

Dit beteken ook Akker van der Merwe, wat verlede seisoen in drie toetse gespeel het, is beslis nie meer in die WB-prentjie nie.

Die Bulle se Springbokke Duane Vermeulen (links) en Schalk Brits.

“Ons het na verskeie ander hakers gekyk. Dit is nie maklik nie. Iemand soos Schalk Brits het nog nie begin nie en hy is al lank in die groep. Die kompetisie is ongelooflik en die spelers druk mekaar. Die spelers wat hier is, het sover gewys dat hulle in die groep van 31 wil wees.”

In die Bok-kamp word daar verwag dat die Poemas Saterdag met ’n groot aanslag sal kom ná die groot nederlaag wat hulle in Salta teen Suid-Afrika gely het.

“Maak geen fout nie, hulle was baie fisiek. Spelers soos (Marcos) Kremer en (Pablo) Matera is van die taaiste ouens teen wie jy kan speel,” sê Proudfoot.

“Ons spelers het Sondag met seer lywe op die vliegtuig geklim.”

Meer oor:  Schalk Brits  |  Scarra Ntubeni  |  Japan  |  Kaapstad  |  Wêreldbekerrugby  |  Curriebeker  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.