Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘SA skole wemel van sewes-talent’

Dit het net drie jaar geneem vir die Marius Schoeman-sewestoernooi om die grootste skoletoernooi in die korter formaat van die spel in Suid-Afrika te word, maar dié voormalige Blitsbok glo dat dít nog net die begin is.

Die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die kampioen in die o.17’s se afdeling gekroon by die toernooi, wat deur Paarl Gimnasium aangebied is.

Marius Schoeman op pad na een van sy drieë vir die Blitsbokke in 2008 by die Doebai-sewestoernooi. Foto: Gallo Images

Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch het in 2017 die eerste weergawe gewen.

Schoeman, wat ook die hoëprestasiebestuurder van sewesrugby by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) is, was in sy noppies met die talent wat hy die afgelope naweek by Paarl Gimnasium gesien het.

“Dit was sonder twyfel die grootste en suksesvolste van die drie toernooie wat sover gehou is,” het Schoeman Dinsdag by navraag gesê.

“Daar was fantastiese talent en die standaard is van die hoogste in die land wat skolerugby-sewes betref.”

Schoeman glo dat die toernooi die ideale geleentheid aan talentwerwers gebied het om ’n idee te kry van die spelers wat volgende jaar dopgehou en ook moontlik aan die professionele sewesstrukture blootgestel kan word.

“Daar was ’n klomp puik spelers, spelers waarvan baie mense nie geweet het nie,” meen Schoeman.

“Die kleiner spanne kon ook hul staal teen die groot spanne soos Boishaai, Paul Roos Gimnasium, Affies en Gimmies wys, wat hulle andersins waarskynlik nie sou kon doen nie, omdat die skole nie almal in dieselfde ligas is nie.”

Schoeman sê dat daar heelwat talent in die toernooi was wat hom beïndruk het.

Hakeem Kunene van Boishaai is as die Speler van die Toernooi aangewys vir sy indrukwekkende spel.

“Affies het ook ’n paar baie goeie spelers gehad, ten spyte daarvan dat hulle nie vanjaar ’n goeie seisoen in die vyftienman-kode gehad het nie, terwyl van die uitnodigingspanne ook vir paar verrassings gesorg het.”

Sewes word veral meer gewild in die Noorde, maar die struikelblok is die skolerugby-kalender, wat so vol en uitdagend is.

Hiermee verwys hy na die Amdec Blitz-span, wat onder andere saamgestel is uit kinders wat uit moeilike omstandighede kom, wat vir Paul Roos Gimnasium met 22-21 geklop het, asook die Paarl Barbarians-uitnodigingspan, wat met 5-5 gelykop gespeel het teen Boishaai.

“In Suid-Afrika is sewesrugby vir almal. Die groot ou en die kleinste ou kan almal hul stempel afdruk.”

Hy glo die gewildheid van sewes in skolerugby is vinnig besig om toe te neem.

“Sewes word veral meer gewild in die Noorde, maar die struikelblok is die skolerugby-kalender, wat so vol en uitdagend is.”

Buiten die sewes, was daar ook verkorte netbal- en hokkie-toernooie, wat vanjaar beslis is.

En die planne vir 2020?

“Ons het talle idees om die toernooi uit te brei, waaronder die insluiting van agt meisiespanne,” sê Schoeman.

“Ons moes vanjaar amper 20 spanne wegwys, want daar was net te veel aansoeke, maar ons beoog om moontlik nog ’n kompetisie te begin.

“Ons wil soos die Wildeklawer-toernooi vir die korter formaat word,” voeg hy by.

Meer oor:  Sewes  |  Marius Schoeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.