Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Scholtz gereed vir rugby én visvang

Teen die einde van November, wanneer hy in Llanelli in Wallis uit sy Covid-19-kwarantyn kom, sal die voormalige Southern Kings-stut Pieter Scholtz moet kies wat hy eerste gaan doen – rugby speel of visvang.

Scholtz (26) is onlangs deur die Scarlets gekontrakteer, so hy sal sy werkgewer tevrede moet hou en maar eerder moet afsit rugbyveld toe.

Die groot vaskopstut se spanmaats sal hom egter ook gereeld ná oefeninge sien afsit viswater toe, want dit is die een plek waar Scholtz nie kan wegbly nie.

In dié opsig bied Llanelli ’n wye verskeidenheid visvanggenot. As Scholtz die dag nie lus is om seevis te vang nie, kan hy in een van die vele mere in die omgewing gaan forel of karp vang.

Pieter Scholtz Foto: Southern Kings

Wat die rugby betref, klink dit of Scholtz goed besig gehou gaan word.

Samson Lee is opgeroep vir diens saam met Wallis en Alex Jeffries is beseer.

Dit laat die Scarlets met drie ander fikse vaskopstutte, naamlik Werner Kruger, Javan Sebastian en Harri O’Connor.

O’Connor is egter nog ’n junior en Kruger is op 35-jarige ouderdom al ’n veteraan.

Die Scarlets kan dus klaarkom met nog ’n vaskop en hul afrigter, Glenn Delaney, meen op die klub se webwerf Scholtz sal die taak kan verrig.

“Ons hou Pieter al geruime tyd dop, hy is ’n sterk skrumwerker en het baie ondervinding om te bied,” sê Delaney.

Voordat hy in 2017 vir die Kings begin speel het, het Scholtz ook vir die Leeus en die Pumas uitgedraf.

Benewens Kruger, sal Scholtz darem ook met die voormalige Cheetahs-losvoorspeler Uzair Cassiem kan Afrikaans praat by die Scarlets.

Cassiem het hom die afgelope twee seisoene as een van die Scarlets se staatmakers gevestig.

• Die Scarlets speel Sondag in die Kingspan-stadion in Belfast in hul volgende Pro14-wedstryd teen Ulster.

Volgens die BBC sal daar 1 000 toeskouers toegelaat word. Dit is die meeste toeskouers wat sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie in dié stadion toegelaat gaan word.

Meer oor:  Scarlets  |  Visvang  |  Pro14  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.