Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Seer dyspier dwing EW lank op die kantlyn

Die Leeus gaan al dieper in hul heelagter-spens moet krap, nadat hulle Saterdag vir die tweede keer in twee wedstryde die man in die nr. 15-trui aan ’n besering afgestaan het.

EW Viljoen sal vir vier tot ses weke buite aksie wees nadat hy sy regter-dyspier in die Leeus se naelskraapse sege oor Griekwas in Kimberley geskeur het.

Die voormalige WP-speler EW Viljoen sal nie Saterdagaand sy ou spanmaats van die WP in die Leeus-trui pak nie, nadat hy ’n dyspier teen Griekwas beseer het. Foto: Gallo Images

Viljoen was voor in die heelagter-ry nadat Gianni Lombard vroeg in November teen die Bulle ’n kniebesering opgedoen het, wat hom tot die middel van 2021 op die krukkelys sal hou. Viljoen kon vir ’n groot deel van die Superrugby Unlocked-reeks ook nie weens die Covid-19-chaos by die Leeus speel nie en het nou nog ’n rede om 2020 te verwens.

Met Viljoen buite aksie, sal die Johannesburgers moet druk op die knoppies van jongelinge soos Tiaan Swanepoel en Divan Rossouw om die laaste vesting te beman.

Swanepoel, ’n Namibiër van geboorte wat voorheen vir Maties, die Westelike Provinsie se o.21-span en West Harbour in Australië gespeel het, was Viljoen se adjudant in die Griekwas-wedstryd en het sy plek geneem nadat hy Saterdag beseer is. Dit was die 24-jarige Swanepoel se eerste proesel van Curriebeker-rugby.

Hy sou ook die begin-heelagter gewees het in die wedstryd teen die Pumas, wat weens koronavirus-gevalle by die Laevelders afgelas is.

Tiaan Swanepoel, wat o.21-rugby vir die WP gespeel het, kan moontlik Saterdag teen die Kapenaars heelagter vir die Leeus speel. Foto: Gallo Images

Rossouw, wat drie maande voor Swanepoel ook in Namibië gebore is, het aansienlik meer ervaring van hoëvlak-rugby, danksy 16 Curriebeker- en 31 Superrugby-verskynings vir die Bulle.

By Ellispark word met groot lof gepraat van albei 24-jariges en die Leeus-afrigter, Ivan van Rooyen, hoef waarskynlik nie verder as dié twee te kyk wanneer hy sy span kies vir Saterdagaand se stryd teen die Westelike Provinsie nie.

Die vleuel Courtnall Skosan het ook al in die nr.15-trui uitgedraf, maar is hierdie seisoen goud werd op vleuel, soos die twee drieë waarmee hy die kastaiings Saterdag in Kimberley uit die vuur help krap het, onderstreep.

• Die Leeus sal ook vir drie maande sonder die beweeglike losvoorspeler Hacjivah Dayimani moet klaarkom, nadat hy verlede week onder die mes was.

Dayimani het las gehad van ’n beseerde kraakbeenskyf in sy een knie en besluit om daaraan te laat opereer.

Meer oor:  Leeus  |  Ew Viljoen  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.