Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sege vir Frankryk ná 8 nederlae

Frankryk het Italië laat Vrydagaand met 34-17 geklop vir hul eerste oorwinning in vanjaar se Sesnasies-reeks.

Maxime Machenaud Foto: Getty Images

Die Hane het hul vorige agt toetse verloor.

Paul Gabrillagues, Hugo Bonneval en Mathieu Bastareaud het almal vir Frankryk gaan druk.

Die skrumskakel Maxime Machenaud het vyf strafdoele en ’n doelskop oorgejaag, met die plaasvervangerlosskakel, Francois Trinh-Duc, wat ’n verdere strafdoel oorgeskop het.

Italië kon danksy ’n strafdrie, doelskop en ’n drie in die doodsnikke 17 punte bymekaarskraap.

“Dit was ’n moeilike wedstryd vir ons, maar ek dink nie dit was ’n swak vertoning nie,” het Italië se kaptein ná die nederlaag gesê.

Dit was Frankryk se eerste oorwinning sedert Jacques Brunel as afrigter aangewys is. Sy span het ná drie wedstryde ses punte bymekaar gemaak en speel volgende op 10 Maart teen Engeland.

Les Blues se voorspelers het Vrydagaand sake vroeg begin dikteer en het die leeueaandeel van die balbesit verseker.

Frankryk was egter nie klinies genoeg nie en het deurentyd senuweeagtig voorgekom.

Machenaud se skopskoen het egter bestendig gebly en het aan Les Blues ’n groot oorwinning geskenk. - Reuters

Meer oor:  Jacques Brunel  |  Frankryk  |  Sergio Parisse  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.