Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Segwaba swaai nou septer in Vrystaat
Jerry Segwaba. Foto: Verskaf

Jerry Segwaba is Vrystaat Rugby se nuwe president.

Die 48-jarige Segwaba het Cedric Carson en Lou Niewoudt in die stemming om die presidentskap by die unie se jaarvergadering Woensdagaand uitgestof.

Segwaba is verlede jaar as adjunkpresident verkies. Hy volg Lindsay Mould op wat na twee termyne aan die stuur nie weer verkiesbaar was nie.

Charlie May en Coenraad Klopper is as nuwe adjunkpresidente verkies.

Die klubeerbewyse van Vrystaat Rugby is by dieselfde geleentheid toegeken.

Die Shimlas-flank Daniel Maartens het met twee pryse weggestap.

Maartens (22) is met die Seniorspelertrofee as die speler wat die meeste vordering gemaak en die Joe Venter-trofee as Klubspeler van die Jaar vereer.

Melusi Mthethwa en sy twee hulpafrigters by die Vrystaatse o.19-span, Tiaan Liebenberg en Skillie Bester, is as Afrigters van die Jaar vereer. Hul span het in die eindstryd van die nasionale reeks gespeel.

Maartens het vir die Shimlas in die Varsityrugby-reeks uitgeblink en is daarna in dié kompetisie se Droomspan ingesluit wat teen die Junior Springbokke te staan gekom het.

Hy is verlede maand ook deur die Shimlas as die klub se Seniorspeler van die Jaar vereer.

Maartens het ook vir die Vrystaat in die Curriebeker-reeks gespeel en vir die Suid-Afrikaanse Sewesakademiespan uitgedraf.

Hy het ’n driekuns aan drieë in die Curriebeker-wedstryd teen die Blou Bulle in Bloemfontein behaal.

Melusi Mthethwa en sy twee hulpafrigters by die Vrystaatse o.19-span, Tiaan Liebenberg en Skillie Bester, is as Afrigters van die Jaar vereer. Hul span het in die eindstryd van die nasionale reeks gespeel.

Die losskakel Mario Vieira, wat vir die Mthethwa-hulle se span uitgedraf het, is bekroon met die prys as die junior speler wat die meeste vordering getoon het.

Die Universiteit van die Vrystaat het met die Presidentsbeker vir die beste prestasie deur ’n klub weggestap. Die universiteit se eerstespan, die Shimlas, het in die halfeindronde van die Varsitybeker-reeks gespeel en die Stadsbeker verower.

Meer oor:  Sport  |  Nuwe President  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.