Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oktoberfest: Sehr gut, Blitsbokke!

Die Blitsbokke het Saterdag die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper deur die eerste dag van die Oktoberfest-sewesrugbytoernooi in München, Duitsland, onoorwonne af te sluit.

Kurt-Lee Arendse was Saterdag in Duitsland op sy stukke. Foto: Getty Images

Suid-Afrika het Nieu-Seeland in sy eerste wedstryd met 19-12 geklop, waarna Engeland (24-7) en Australië (26-19) ook afgeransel is.

Met dié vertoning het die Blitsbokke hul plek in die halfeindronde bespreek, waar hulle Sondag teen die gasheer, Duitsland, om 11:44 te staan sal kom.

Nieu-Seeland en Fidji is in die ander halfeind om 12:06 slaags.

Neil Powell, afrigter van Suid-Afrika, sal tevrede voel met sy span se vertoning, aangesien die Blitsbokke basies nog in ’n voorseisoen is. Ja, daar is veral teen die Aussies ’n paar duikslae gemis, en daar was ook kere wat aangeë verlore gegaan het.

Maar daar was ook uitblinkers. Selvyn Davids, daardie klein towenaar wat homself verlede seisoen op die wêreldverhoog aangekondig het, was op sy stukke met blitsige tikskoppies, hope vaart en boonop is hy nie bang om te verdedig nie.

Ook Kurt-Lee Arendse het meer as een keer hakskene vir teenstanders gewys en diegene wat vergeet het dat hy kan systap, aan sy deugde herinner.

* Een van die spelers in Engeland se span wat teen die Blitsbokke gespeel het, was Ronnie du Randt, wat volgens leicestertigers.com ’n boorling van Pretoria is.

* Die kragmetings kan regstreeks gestroom word op facebook.com/oktoberfestsevens

Meer oor:  Duitsland  |  Kurt-Lee Arendse  |  Selvyn Davids  |  Neil Powell  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.