Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Selvyn skitter vir Blitse teen Kenia
Selvyn Davids is een van die Blitsbokke wat die naweek met sy spel beïndruk het. Foto: Gallo Images

Die Blitsbok Selvyn Davids het die naweek in styl afgesluit deur sy soveelste goeie vertoning die afgelope twee dae te lewer.

Davids was ’n lid van die Suid-Afrika 1-span wat Kenia Sondag in Stellenbosch in sy laaste wedstryd van ’n sewesrugbytoernooi vir spanne van Afrika met 31-7 geklop het.

Die 27-jarige Davids het sy span se eerste drie gedruk toe hy voet in die hoek gesit en deur die Keniane genael het. Dié boorling van Jeffreysbaai is altyd by die aksie, as hy dit nie verskaf nie.

Hy het ’n aandeel in minstens nog ’n drie gehad toe hy die bal vinnig opgepik en uitgegee het.

SA 2 het sy naweek op ’n hoogtepunt afgesluit deur Uganda met 26-7 te klop. Een van die tuisspan se drieë is deur ’n skoppie deur Ryan Oosthuizen voorafgegaan.

Een van die kenmerke in albei die Suid-Afrikaanse spanne se spel die naweek was dat hulle gereeld die skopvoet ingelê het.

Meer oor:  Kenia  |  Stellenbosch  |  Sewesrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.