Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Senatla vir 4 weke geskors; Willie onskuldig
Seabelo Senatla Foto: Gallo Images

’n Skorsing van vier weke vir Seabelo Senatla, terwyl dit Willie Engelbrecht vrystaan om vir die Stormers in Saterdag se Reënboogbeker-wedstryd teen die Bulle in die Kaapstad-stadion te speel.

Dít was die uitkoms van die tugverhore vir die rooikaarte wat dié spelers in die afgelope naweek se wedstryd teen die Haaie gekry het.

Daar is deur die voorsitter van die tugkomitee, adv. Rob Stelzner, bevind dat Engelbrecht se tweede geelkaart vroeg in die tweede helfte ’n verkeerde beslissing was. Hierdie kaart, asook die rooie, sal gevolglik uit sy rekord gewis word.

Die Stormers kan nou met goeie rede uiters gegrief voel, want daar kan aangevoer word dat hulle dalk die wedstryd kon wen as hy op die veld gebly het. Hulle moes ná sy rooikaart vir 20 minute met 14 spelers speel en hy moes deur ’n ander speler vervang word.

Senatla is vroeg in die wedstryd afgestuur nadat hy met die Haaie se heelagter, Aphelele Fassi, kontak gemaak het terwyl hy hoog gerank het om ’n hangskop te bemeester.

Willie Engelbrecht Foto: Gallo Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.