Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sergeal in laaste vesting vir Stormers

Die noodlot het vir Rito Hlungwani, afrigter van die Stormers, genoop om vir Sergeal Petersen op heelagter te kies vir Dinsdag se voorbereidingswedstryd teen Griekwas in Kimberley.

Sergeal Petersen gaan op heelagter vir die Stormers uitdraf in Dinsdag se wedstryd teen Griekwas in Kimberley. Foto: Gallo Images

Petersen, wat hoofsaaklik diens doen op vleuel, neem waar in die laaste vesting nadat Tristan Leyds verlede naweek teen die Cheetahs beseer is.

Die WP se senior heelagters – Warrick Gelant en Damian Willemse – is ook nie beskikbaar nie. Gelant herstel nog van ’n kniebesering, terwyl Willemse waarskynlik eers saam met die res van die Springbokke later in die reeks ’n terugkeer gaan maak.

In die enigste ander verandering aan die span wat teen die Cheetahs opgedraf het, vervang Sihle Njezula vir Edwill van der Merwe op regtervleuel.

Stormers: Sergeal Petersen, Sihle Njezula, Ruhan Nel, Cornel Smit, Leolin Zas, Kade Wolhuter, Godlen Masimla, Juarno Augustus, Ben-Jason Dixon, Marcel Theunissen, Chris van Zyl (k), David Meihuizen, Neethling Fouché, Scarra Ntubeni, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Kwenzo Blose, Lee-Marvin Mazibuko, Evan Roos, Ernst van Rhyn, Paul de Wet, Chris Schreuder, Edwill van der Merwe, Sazi Sandi, Abner van Reenen.

Meer oor:  Sergeal Petersen  |  Kimberley  |  Stormers  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.