Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Sesnasies-trofee pleister vir WB-trauma'

Engeland se rugbyspan het die trauma van verlede jaar se Wêreldbeker-eindstryd in Japan verwerk en is nou beskore vir groot dinge.

So meen Eddie Jones, die Rose se breier, nadat sy span Sondag sy derde Sesnasies-titel in vyf jaar verower het.

Eddie Jones is optimisties oor die toekoms van Engeland se rugbyspan. Foto: Getty Images

Dít was boonop twee dae voor die eerste herdenking van die Wêreldbeker-eindstryd in Jokohama, waar Engeland sy rieme teen ’n verwoestende Springbokspan styfgeloop het, gedoen.

Die span se Sesnasies-trofee is om gesondheidsredes op ’n oorhandigingseremonie by sy oefenbasis in Teddington aan hom oorhandig.

Jones se verroeste span het Saterdag in Rome ’n klinkende oorwinning oor Italië behaal en toe Frankryk daarna met Ierland afgereken het, was die trofee op pad terug Twickenham toe.

Waar sy span se Sesnasies-sukses onwaarskynlik gelyk het nadat Frankryk hom in die eerste ronde geklop het, kon die span eindelik tog in die glorie deel ná verlede jaar se WB-teleurstelling.

Die span wat in Italië gespeel het, het tien veranderinge gehad van die een wat teen Suid-Afrika in die eindstryd vasgeval het.

“Ons het gegroei deur hierdie toernooi. Ons is besig om ’n nuwe span te bou, wat ons tot die grootste hoogtes gaan neem binne die volgende vier jaar,” het Jones luidens ’n berig in The Guardian gesê.

“Om ’n Wêreldbeker-eindstryd te verloor kan nogal traumaties wees. Dit laat jou met letsels wat jy vir die res van jou lewe gaan saamdra. Jy moet ’n manier vind om aan te beweeg.”

Engeland het Frankryk se oorwinning oor Ierland by sy hotel gekyk weens die streng Covid-19-regulasies wat tans in Rome in plek is.

Jones glo ook dat dié ervaring waarin sy span gedeel het een is waarby hulle vorentoe sal baat vind.

“Hulle het ’n paar biere en ’n paar wyne gehad. Dit was een van daardie aande om te onthou. Jy vorm sterker bande en verhoudings daaruit, wat jou in die toekoms kan help.” – Sportredaksie

Meer oor:  Eddie Jones  |  Engeland  |  Sesnasies-Reeks  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.