Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Seuns is nou Neil Powell se Blitse
Neil Powell wys sy slag op die oefenveld. Foto: Eunice Visagie

Voor Covid-19 en die nasionale inperking was dit duiksakke, high fives met sy Blitsbokke en lughawens. Nou speel Neil Powell krieket saam met sy “manne” in sy oprit en hy het geen benul wanneer hy weer op ’n vliegtuig sal klim nie.

Suid-Afrika se nasionale inperking het op die laaste Vrydag van Maart begin en van sportbyeenkomste is daar sedert die middel van Maart geen sprake nie.

Dis ’n vreemde situasie vir ’n man en sy span wat gewoond is aan beperkte tyd by die huis, veral in wat aanvanklik ’n Olimpiese jaar was.

Powell is nou al meer as 40 dae ononderbroke by die huis. Iets wat heeltemal vreemd vir dié nasionale sewesafrigter en sy gesin is.

“Ek kan darem ’n paar minute later opstaan, maar ek sal nie sê ek staan nou laat op nie!” sê hy laggend.

Waar Powell gewoonlik teen 07:00 al by die Stellenbosch Akademie vir Sport, die Blitsbokke se hoofkwartier, is en teen 09:00 op die oefenveld by Markötter is, is die oefenveld waar hy hom tans teen 09:00 bevind die grasperk voor sy huis waar hy aanvalslyne saam met sy “manne” hardloop.

Sy oudste, Joshua, is in gr. 2 en Caleb word September vier.

Ek mis afrigting. Ek mis die spelers. Afrigting is immers my passie.

“Ons het beslis ’n roetine elke dag en dit help. Ons is maar besig in en om die huis en dan is daar die krieket in die oprit,” sê Powell.

“Ek geniet hierdie gehaltetyd saam met my gesin ongelooflik baie. Ek dink Josh mis sy maters en om sokker te speel. Dit is egter ’n baie spesiale tyd.

“Ek was vir die eerste keer in sewe jaar met Paasfees saam met my gesin. Dit is een van die belangrikste datums op ons kalender en om dit was ongelooflik om dit weer met my gesin te kon deel.”

Neil se vrou, Tanya, beklemtoon ook hoe spesiaal sy tyd by die huis is.

“Tyd saam as gesin is ’n bederf vir ons aangesien Neil gemiddeld 15 weke van die jaar nie tuis is nie. Ek kan sien hoe my seuns blom met hul pappa wat hulle elke aand in die bed kan sit en nou elke dag met hulle kan speel.

“Ek kan ook sien hoe Neil die tyd by die huis geniet,” sê sy.

Die twee toernooie in die Wêreldreeks wat in April in Singapoer en Hongkong sou plaasvind, is reeds in Maart tot Oktober uitgestel, en die laaste twee toernooie in Londen en Parys is ook uitgestel. Die groot terugslag was egter die uitstel van die Olimpiese Spele, wat nou eers in 2021 gaan plaasvind.

Die Blitsbokke oefen in Stellenbosch. Foto: Eunice Visagie

“Ek mis afrigting. Ek mis die spelers. Afrigting is immers my passie. Daar is egter ook die koffie-sessies tussen ons oefensessies, wat ’n lekker tyd is. Dan gesels ons net.”

Weer eens iets wat Tanya kan beaam. “Ek kan met tye agterkom dat hy die tyd op die veld ongelooflik mis. Afrigting is immers sy passie. Hoewel hy nie op die veld by sy spelers kan uitkom nie, maak hy byna daagliks kontak met die span of bestuur.

“Hy spandeer baie tyd aan beplanning asook hoe die spelers in dié tyd aanlyn gehelp kan word om as spelers en mense te groei.”

Wanneer Powell en sy Blitsbokke weer die oefenveld gaan betree en hul tasse vir die lughawe kan pak, is nog heeltemal onseker. Daar is egter een groot vraag op alle Blitsbok-ondersteuners se lippe: Sal hulle mag high five?

Meer oor:  Neil Powell  |  Blitsbokke  |  Sewesrugby  |  Sewes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.