Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
7 van Grey in finale o.18-groep

Cobus van Dyk en Katleho Lynch sal die afrigters van die Suid-Afrikaanse o.18-rugbygroep vir die toer na Georgië in Augustus wees.

Die groep van 38 spelers sal drie wedstryde teen Georgië speel met die Junior Bokke se breier, Bafana Nhleko, wat Van Dyk en Lynch sal bystaan in Tbilisi.

Caleb Abrahams van Grey Kollege seil oor die doellyn teen die Hoër Jongenskool Paarl in die twee spanne se kragmeting in Mei. Foto: Gallo Images

Al die spelers is deel van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se elite ontwikkelingsprogram (EPD).

Volgens Rassie Erasmus, direkteur van rugby vir Saru, is die doelwit van dié program om spelers te ontwikkel en blootstelling op internasionale vlak te gee.

“Die o.18-program vorm ’n belangrike deel van ons EPD-roete en dit is belangrik vir ons om aan hierdie spelers die geleentheid te gee om internasionale rugby te ervaar,” het Erasmus gesê.

“Weens die Covid-19-pandemie en die kansellasie van ons jaarlikse o.18-internasionale reeks vir ’n tweede agtereenvolgende jaar, het ons na ander opsies gaan soek om vir die spelers ’n proesel van internasionale rugby te gee en ons is baie dankbaar vir die geleentheid om na Georgië te reis.”

Erasmus sê verder selfs al het skolerugbyspelers vanjaar beperkte geleentheid op die veld gehad, het die EPD-program, met Herman Masimla en Nico Serfontein aan die stuur, nooit ’n blaaskans geneem nie.

“Die toer sal ’n mate van kontinuïteit in die EPD-program verseker met al die spelers wat na o. 20-rugby sal beweeg, wat die rede is waarom Bafana by hulle aansluit op die toer. Hy sal help met die afrigting en die afrigters mentor.”

Grey Kollege van Bloemfontein het die grootste teenwoordigheid in die groep met sewe spelers. Hulle is

Neels Volschenk, JF van Heerden, Johan Louw, Jeanré Breitenbach, Caleb Abrahams, Jean Smith en Alfondso Isaacs.

Paarl Gimnasium spog met ses spelers in Logan Opperman, PA van Niekerk, Liam Koen, Hennie Sieberhagen, Corné Lavagna en Luca Bakkes.

Lynch, direkteur van rugby by die Johannesburgse spogskool St. John’s College, glo die toer sal die spelers toelaat om aan ’n spankultuur te skaaf met die oog op Wêreldrugby se o.20-kampioenskap in 2023.

“Ons hou die spelers al dop vandat hulle 15 was en die meerderheid van hulle was deel van die o.16 EPD-kamp in 2019 en ook ons EPD-programme in 2020 en 2021,” het hy gesê.

Lynch en Van Dyk, wat die eerste span van die Hoërskool Waterkloof brei, sou albei vanjaar die Suid-Afrikaanse Skolespan afgerig het.

Die o.18’s sal op 4, 7, 11 en 14 Augustus teen Georgië se o.18’s te staan kom.

Die groep is:

Agterspelers: Diego Cupido (Helpmekaar Kollege), Risima Sambo (Affies), Alfondso Isaacs (Grey Kollege), Katlego Letebele (Kingswood College), Logan Opperman (Paarl Gimnasium), Suleiman Hartzenburg (Bishops Diocesan College), Keagan Smith (Hoër Jongenskool Paarl), Bruce Sherwood ( Bishops Diocesan College), Damian Markus (Stellenberg), PA van Niekerk (Paarl Gimnasium), Compion von Ludwig (Hoër Jongenskool Paarl), Imad Khan (Bishops Diocesan College), Jean Smith (Grey Kollege), Liam Koen (Paarl Gimnasium), Caleb Abrahams (Grey Kollege), Niel le Roux (Oakdale Landbou).

Voorspelers: Philip Kleynhans (Oakdale Landbou), Abu Ndabambi (Hoër Jongenskool Paarl), Neels Volschenk (Grey Kollege), Paul de Villiers (Oakdale Landbou), Sibabalwe Mashahe (Hudson Park), Liselihle Maphekhula (Graeme College), Gcino Mdletshe (Westville Boys High), JF van Heerden (Grey Kollege), Jan-Hendrik Gouws (Graaff-Reinet Volkskool), Sandile Nzuza (Glenwood), Hennie Sieberhagen (Paarl Gimnasium), Phatu Ganyane (Glenwood), Johan Louw (Grey Kollege), Sifiso Magwaza (Monument), Stiaan de Bruyn (Affies), Dian Heunis (Oakdale Landbou), Corné Lavagna (Paarl Gimnasium), Luca Bakkes (Paarl Gimnasium), Jeanré Breitenbach (Grey Kollege), Bryce Calvert (Westville Boys High), Zach Porthen (Wynberg Boys High).

Meer oor:  Georgië  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.