SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Sewende Bok-nr. 9 vat koers oorsee
Bulle se Piet teken by Brendan se klubspan

’n Sewende Springbok-skrumskakel is op pad oorsee. 

Piet van Zyl gaan hom vroeg in 2018 by die Engelse klubspan London Irish aansluit nadat hy ná vanjaar se Curriebeker-reeks sy uittrede uit plaaslike rugby aangekondig het. 

Piet van Zyl .Foto: Gallo

Die 28-jarige Blou Bul-skrumskakel sal een van meer as ’n halfdosyn Suid-Afrikaanse skrumskakels wees om oorsee te speel. Die ander is Charl McLeod (Stade Français),

Ruan Pienaar (Montpellier), Faf de Klerk (Sale Sharks), Cobus Reinach (Northampton Saints), Francois Hougaard (Worcester Warriors) en Enrico Januarie (Agen). 

Verskeie ander Suid-Afrikaanse skrumskakels soos Nick Groom (Northampton Saints) en Sarel Pretorius (Newport Gwent Dragons) verdien ook ’n salaris in Europa.

Van Zyl, wat die afgelope tyd op hul familieplaas buite Vrede was, het sy Bok-buiging op 15 Junie 2013 as ’n 23-jarige in Mbombela teen Skotland gemaak. 

Hy het einde verlede jaar teen Wallis in sy derde toets vir die Springbokke gespeel. 

Die voormalige toetssenter en verdedigingsafrigter van die Bokke, Brendan Venter, is ook die Engelse klubspan se direkteur van rugby.

Nog ’n speler van die Blou Bulle, die binnesenter Burger Odendaal, oorweeg die moontlikheid om ná volgende jaar se Superrugby-reeks klubrugby in Japan te gaan speel. 

Honda Heat, wat reeds ’n sterk Bul-geur met werknemers soos die slot RG Snyman en flank ­Deon Stegmann het, onderhandel tans met hom.

Sou die onderhandelinge slaag, sal Odendaal egter nie vir die Bulle verlore wees nie. Hy sal ten minste tot ná 2020 se Super-reeks nog vir die span in Pretoria beskikbaar wees. 

Hy sal wel tydens die Curriebeker, soos die geval is met spelers soos Snyman en Jason Jenkins (Toyota Verblitz), klubrugby in Japan speel.

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Piet Van Zyl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.