Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Shimlas, Ixias jaag nog plek in halfeind

Die Shimlas en Ixias se oorlewing in vanjaar se Varsitybeker-reeks hang aan ’n dun draadjie – val hulle Maandag in hul laaste wedstryde vas, is dit neusie verby.

Cohen Jasper, heelagter van die Ixias. Foto: Mlungisi Louw

Die Shimlas is vierde op die puntelys met 17 punte, ná die Maties, Tuks en die Pukke, wat reeds hul plek in die halfeindstryde bespreek het.

Die Shimlas speel in hul laaste wedstryd in die Goudstad teen die Universiteit van Johannesburg (UJ), wat vanjaar slegs een oorwinning kon behaal.

Slaag die Shimlas daarin om vyf punte te kry, sal hulle op 22 seker wees van ’n halfeindstryd teen die Maties aanstaande week in Stellenbosch.

Die Ixias kom in Kaapstad teen die Ikeys te staan. Albei die spanne is nog in die wedloop.

Die Ikeys is met 15 punte in die sesde plek, met die Ixias in die sewende plek met 14 punte.

As die Ikeys met ’n bonuspunt wen, sal hulle op 20 punte wees en indien die Shimlas nie ’n oorwinning behaal nie, sal die Kapenaars hoop dat die Pukke vir Wits kan afstof.

As die Ikeys met ’n bonuspunt wen, sal hulle op 20 punte wees en indien die Shimlas nie ’n oorwinning behaal nie, sal die Kapenaars hoop dat die Pukke vir Wits kan afstof.

Wits is vyfde met 16 punte en kan ook nog by die agterdeur inglip.

Slaag hulle daarin om die Pukke in Potchefstroom met ’n bonuspunt te klop, en die Shimlas val vas, sal die Johannesburgers weer soos in 2018 in die halfeindstryd speel.

Die Ixias kan natuurlik vriend en vyand verras en die Ikeys met ’n bonuspunt klop, wat hulle op 19 sal laat eindig.

Slaag UJ daarin om die Shimlas met net een bonuspunt te laat terugkeer na Bloemfontein, sal die Ixias die eerste keer in die halfeindronde van die kompetisie in aksie wees.

Die Ixias het ’n inspuiting gekry met die nuus dat sy gereelde heelagter, Cohen Jasper, herstel het van ’n skouerbesering wat hom uit die wedstryd teen die Pukke gehou het.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Bloemfontein  |  Pretoria  |  Stellenbosch  |  Halfeindstryd  |  Rugby  |  Tuks  |  Shimlas  |  Varsitybeker  |  Ixias  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.