Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Shimlas moet kanse benut teen Pukke

Dit gaan nie help om ná twee weke negatief te raak nie “anders gaan dit ’n lang reeks word.”

Keegan Hamman. Foto: Mlunisi Louw

So sê Hendro Scholtz, die afrigter van die Shimlas, aan die vooraand van hul Varsitybeker-wedstryd Maandag in Potchefstroom teen die Pukke wat ook hul eerste twee wedstryde verloor het.

Scholtz hoop dat sy span die keer sy kanse sal gebruik.

“Ons skep geleenthede maar dit word nie afgerond nie. Ons het drie drieë teen die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) weggegooi en kan dit nie weer bekostig nie.”

Hy verwag dat sy span wéér ’n verbetering sal toon soos teen die UWK in die vorige wedstryd.

“Dit maak nie saak of jy die vorige week gewen of verloor het nie, daar moet ’n verbetering wees. Ek reken daar was Maandag teen die UWK ’n verbetering van 50% teenoor die eerste wedstryd teen die Maties,” sê Scholtz.

Sy span het teen die verdedigende kampioen, Maties, lelik kleigetrap en met 16-67 verloor en Maandag met 28-29 teen die UWK vasgeval.

Dit gaan ’n fisieke stryd wees. Hulle gaan nie tevrede wees met die twee nederlae nie en ons is beslis nie.
Hendro Scholtz

Die Pukke was in hul eerste wedstryd op pad na ’n oorwinning maar is teen die einde deur Tukkies met 42-40 geklop. Hulle het verlede week in die Kaap teen die Ikeys met 22-31 verloor.

“Dit gaan ’n fisieke stryd wees. Hulle gaan nie tevrede wees met die twee nederlae nie en ons is beslis nie,” sê Scholtz.

Hy wil graag sien dat sy vleuels Marnus Boshoff en Siyanda Cele, wat oor hope vaart beskik, in besit geplaas word.

“Dit gaan belangrik wees dat ons senterpaar (William Eybers, kaptein, en Keegan Hamman) goed vertoon en seker maak die bal kom by die punte uit.

Die Shimlas pak die Pukke met vyf veranderinge in die opdrafspan.

* Die Ixias het ’n onveranderde span aangewys vir hul kragmeting teen Maties in Stellenbosch.

Pieter Bergh, afrigter, het aan Marnus Kok gesê hy weet dit is ’n moeilike opdrag aan sy span om die kampioen te tem.

“Ons het die laaste jaar baie uitdagings gehad, waarvan ons 90% oorkom het. Ons het beslis ’n plannetjie of twee en hopelik is Maties nie op hul beste nie.

“Die spelers het baie selfvertroue geput uit ons vertoning teen Tuks (wat die Pretorianers met 40-23 gewen het),” sê hy.

Meer oor:  Shimlas  |  Pukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.