Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Shimlas wil nie hul legendes teleurstel

Die Shimlas moet vergeet van druk waaronder hulle in die Varsitybeker-reeks verkeer ná drie agtereenvolgende nederlae, want dit kan veroorsaak dat hulle selfs nog swakker vertoon, sê William Eybers, die kaptein.

William Eybers, die Shimla-kaptein, verlede Maandag in aksie teen die Pukke. Foto: Varsity Sports

Hy sê hulle weet die reeks raak nie makliker nie. Maandag pak hulle Tukkies in Pretoria, wat verlede week ’n groot agterstand uitgewis het om die Universiteit van Johannesburg met 26-24 te klop.

Die Shimlas het verlede week met 19-27 teen die Pukke in Potchefstroom vasgeval en die enigste ligapunte wat hulle tot dusver verdien het, was twee bonuspunte.

Eybers sê die eerste drie nederlae maak seer, maar hulle sal eenvoudig moet opstaan.

“Daar is so baie legendes wat al vir die Shimlas gespeel het en dit voel vir ons asof ons hulle net teleurstel. Ons sal beslis ons spel moet lig teen Tukkies en in die regte veldgebiede probeer speel,” sê Eybers.

“Ek glo vir die Tukkies-wedstryd sal ons meer in hul helfte moet speel.

“Ons moet ook net weer ’n bietjie Shimla-rugby speel en die bal wyd skuif,” sê hy.

Eybers sê die hoofrede dat hulle segeloos is, is omdat hulle ongedwonge foute maak en dat dit reggestel moet word.

Hy was veral teleurgesteld in die wedstryd teen die Universiteit van Wes-Kaapland, wat hulle met 28-29 in Bloemfontein verloor het.

Shimlas was tot drie minute voor die einde op pad na ’n oorwinning, maar het toegelaat dat die UWK terugslaan en hulle moes toekyk hoe ’n oorwinning deur hul vingers glip.

* Die Ixias, wat ook nog na ’n eerste sege op soek is, pak die Ikeys Maandag in die eerste van drie tuiswedstryde in die volgende vier weke.

Die Ixias se eerste twee wedstryde was teen die twee groot kanonne – Tukkies en die Maties.

Die Kapenaars is steeds onoorwonne en gaan ’n moeilike uitdaging wees.

Die Ixias sal egter hoop om soos met 2016 se tuiswedstryd (hulle het 10-9 gewen) weer met die Ikeys af te reken.

Meer oor:  Shimlas  |  Varsitybeker  |  Ixias  |  Tuks  |  Ikeys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.