Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sias is Poubloues se uitblinker

Griekwas se flank Sias Koen was Saterdag die groot wenner op dié unie se prysuitdeling in Kimberley.

Die 24-jarige Koen is as Speler van die Seisoen en as die Spelers se Speler van die Seisoen vereer.

Sias Koen met die toekenning as die Poubloues se Speler van die Seisoen. By hom is Denzil Frans, voorspelerafrigter, en Peter Engledow, afrigter. Foto: Sanellé du Plessis

Hy spog reeds met meer as 50 wedstryde vir die Poubloues sedert hy hom in 2016 van die Haaie by Griekwas aangesluit het.

Peter Engledow, wat die afgelope naweek teen die Haaie die laaste keer die Poubloues se afrigter was, het juis Koen uitgesonder as een van die talentvolste spelers wat hy al afgerig het.

“Ek dink Sias het baie vordering getoon in die tyd sedert hy by ons aangekom het tot waar hy nou is. As hy aanhou om hard te werk, kan hy dit beslis nog ver bring.”

Koen sal aanstaande seisoen weer sy rugby in Kimberley speel.

Die slot Sintu Manjezi het met die toekenning as Voorspeler van die Jaar weggestap. Dié 23-jarige boorling van Oos-Londen in die Oos-Kaap gaan sy rugby voortaan by die Cheetahs in Bloemfontein speel.

Die senter Johnathan Francke, na wie Engledow as “my seun” verwys, is die Poubloues se Agterspeler van die Jaar.

Francke (32) het Griekwas se hele Curriebeker-veldtog misgeloop nadat hy ligamente in sy knie in die eindstryd van die SuperSport-uitdaagreeks geskeur het.

Die veelsydige agterspeler Godfrey Ramaboea, wat ’n hakskeenbesering in die Poubloues se eerste Curriebeker-wedstryd van die seisoen teen die Pumas opgedoen het, is bekroon as die speler wat die meeste vordering getoon het.

Engledow, wat voortaan die Hoër Jongenskool Paarl gaan afrig, sê die senter Tertius Kruger, wat aanstaande seisoen vir die Southern Kings uitdraf, is dié talentvolste speler wat sy pad in sy tyd by Griekwas gekruis het.

Kruger (25) het in 2017 as leenspeler van die Cheetahs vir die Poubloues uitgedraf en verdedigers met sy sterk lopies probleme besorg.

“As ek iemand moet uitsonder, sal ek sê dat Tertius ’n baie spesiale speler is. Hy het met selfvertroue gespeel en wedstrydtyd gekry wat baie vir ons in die Curriebeker-reeks verlede jaar beteken het,” sê Engledow.

Meer oor:  Pryse  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.