Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Clive kap Eddie oor skrummie-waagstuk

Engeland se besluit om net twee spesialis-skrumskakels na die Wêreldbeker-toernooi in Japan te neem, sal nog by hom spook.

Só sê sir Clive Woodward, afrigter van Engeland se triomfantelike span in 2003, in sy gereelde rubriek in die Daily Mail.

Ben Youngs / Foto: Getty Images

Eddie Jones, die Rose se hoofafrigter, het Maandag sy groep van 31 spelers bekend gemaak. Sy twee opsies op skrumskakel is die ervare Ben Youngs en die toetsnuweling Willi Heinz, ’n Nieu-Seelander van geboorte.

“In die geheel, lyk dit na ’n goeie groep, maar ek het ’n groot probleem daarmee dat Engeland net twee skrumskakels saamneem.

“As óf Ben Youngs óf Willi Heinz – of albei – die Vrydag voor ’n Saterdag-wedstryd beseer sou raak, het jy nie tyd om ’n plaasvervanger na Japan te laat vlieg nie.

“As ’n speler in die WB-toernooi beseer raak en vervang word, kan hy nie later na die groep terugkeer nie,” sê Woodward.

Hy was die afrigter toe Engeland in 2003 die Wêreldbeker gewen het.

Willi Heinz / Foto: Getty Images

“ ’n Situasie kan ontstaan waar jy ’n groot wedstryd binnegaan sonder ’n spesialis-nr. 9 en geen behoorlike plaasvervanger op die bank het nie.”

Woodward glo die losskakel George Ford sal in die geval van ’n besering gevra word om skrumskakel te speel.

“Eddie kan dalk gelukkig wees en daarmee wegkom,” sê hy.

“Dalk word dit nooit weer genoem nie, maar as beserings sou opduik, sal Engeland in groot moeilikheid wees.

“Eddie beskou George Ford beslis as sy plaasvervanger-skrumskakel, maar dit sal baie van Ford gevra wees om vir 80 minute op nr. 9 te speel teen die swaargewigte van wêreldrugby.”

Die WB-toernooi begin op 20 September. Engeland begin sy veldtog twee dae later in Groep C teen Tonga in Sapporo.

– Reuters

Meer oor:  Rfu  |  Clive Woodward  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.