Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Siya het geskitter,’ sê Whiteley

Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit en Duane Vermeulen moet die Bokke se lostrio vorm vir hul eerste Wêreldbeker-wedstryd teen die All Blacks, het ’n poenskop Warren Whiteley Woensdag in Johannesburg gesê.

Whiteley, wie se kniebesering hom uit die WB-toernooi in Japan gaan hou, sê Kolisi het Saterdag op Loftus Versfeld geskitter in sy terugkeertoets teen Argentinië.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - AUGUST 21: Warren Whi
’n Poenskop Warren Whiteley staan die media te woord op ’n geselligheid waar die Springbok Invictus-medalje bekend gestel is. Dit is deel van ’n vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en Cape Mint. Gesigte van die Bokke gaan op spesiale gedenkmunte verskyn. Foto: Gallo Images

“Siya was fenomenaal teen die Poemas. Hy kom terug van ’n besering en ons moet almal onthou die hoeveelheid druk waaronder hy verkeer as ’n Springbok-kaptein,” sê Whiteley, wat sy 32ste verjaardag vier drie dae voordat die Bokke hul openingswedstryd op 21 September in Yokohama speel.

“Almal hou hóm dop. Vir hom om te kon vertoon soos hy het, was skitterend.

“Ek dink hy sal die kaptein wees in daardie eerste wedstryd. Hy sal waarskynlik saam met Pieter-Steph en Duane begin.”

Whiteley het selfs ’n voorspelling gewaag oor wie hy dink die nr. 20-trui as plaasvervanger-losvoorspeler gaan dra.

“Flo (Francois Louw) was baie invloedryk van die bank af, so dalk gaan hy op die bank wees? Dit is die rigting waarin ek dink as ek nou moet voorspel hoe die lostrio vir daardie eerste wedstryd teen Nieu-Seeland gaan lyk.”

Dit voel of die Bokke ’n opwaartse kurwe toon. Hulle word net beter. Dit spel gevaar vir ander spanne voor die WB-toernooi.

Daardie openingswedstryd gaan belangrik wees. Maar dis nie die alfa en omega nie.

“Ons het gesien met Engeland in 2007 – hulle het ’n groot pak slae teen die Bokke in die groepfase gekry, maar in die eindstryd was dit ’n ander storie.

“Jy kan ook tydens ’n WB-toernooi verbeter. Dit voel of die Bokke ’n opwaartse kurwe toon. Hulle word net beter. Dit spel gevaar vir ander spanne voor die WB-toernooi.”

Hy sê die Bokke se verbeterde verdediging en die nuwe verdedigingstruktuur is van die groot redes vir die span se herlewing.

Siya Kolisi het volgens Warren Whiteley geskitter in die tyd wat hy op die veld was in die afgelope naweek se toets teen Argentinië op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

“Ons verdediging is uitstaande. Dit was die verskil in ons span die laaste twee jaar. Dit is hoe ons die All Blacks verlede jaar in Wellington geklop het,” sê hy.

“Ons skep enorme druk met ons verdediging en dit bied vir ons omgekeerde besit. Ons druk op die oomblik ons drieë van daardie omgekeerde besit af.

“Ja, ons skiet uit die lyn uit op, maar ons wil teenstanders onder druk plaas. Dit is die hart van ons verdedigingstelsel.

“As jy dink aan Nieu-Seeland – hul aanvallende strukture is so goed deesdae, dat as jy vir hulle tyd en ruimte gee, gaan hulle goeie besluite maak.

“Dit is waarmee coach Jacques (Nienaber, verdedigingsafrigter) so goed is. Dit het tyd geneem, maar die ouens is nou gewoond daaraan.”

Hy glo dus die Bokke het ’n skitterende kans om die Webb Ellis-trofee vir ’n derde keer te verower.

“Ek dink ons kanse is briljant, ons het die groep om dit baie ver te bring.

Ek was bang my kinders begin huil as hulle my so sien, maar hulle het vir my gelag. Ek weet nie wat is erger nie!

“Die spelpatroon wat ons speel, is perfek vir ’n Wêreldbeker-toernooi. Ons het die spelers wat ons wedstrydplan uitstekend kan uitvoer.”

’n Mens moes half mooi kyk om seker te maak jy praat met Whiteley en nie met die kaalkop Hollywood-akteur Bruce Willis nie.

As deel van die Goue Leeus se Curriebeker-afrigtingspan het hy sy hare vir kankerbewustheid afgeskeer.

“Ek was bang my kinders begin huil as hulle my so sien, maar hulle het vir my gelag. Ek weet nie wat is erger nie!”

Meer oor:  Warren Whiteley  |  Bokke  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.