Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Siya-hulle wil hul bes doen ‘vir die fêns’

Dit is wonderlik dat ondersteuners weer opgewonde raak oor die Springbokke en dít dien as groot motivering, sê Siya Kolisi, die Bok-kaptein.

Siya Kolisi, Bok-kaptein, vandeesweek op die oefenveld. Foto: Gallo Images

Hoewel Kieran Read en sy span reeds die Rugbykampioenskap-titel verower het, is daar ’n onafgehandelde saak wanneer die All Blacks en Bokke mekaar Saterdag op Loftus Versfeld pak.

“Hulle sê reguit hulle is hier om wraak te neem (ná die Springbokke se skoksege in Wellington).

“Ons is by die huis en dit is ’n groot toets in alle opsigte. “Jy kan dit aanvoel.”

Kolisi sê die vooruitsig om die Kiwi’s op ’n volgepakte Loftus aan te durf is “spesiaal”.

“Jy voel die vibe en dit maak ’n groot verskil. Ons verstaan dat ons ondersteuners ongelukkig was toe ons die twee toetse verloor het (teen Argentinië en die Wallabies). Maar dit beteken hulle gee om en ons verstaan dit goed.

Jy voel die vibe en dit maak ’n groot verskil.
Siya Kolisi

“Verlede week se toets in Port Elizabeth teen Australië was baie spesiaal en dit is wonderlik om te sien dat mense weer opgewonde raak oor die Bokke.

“Ons wil ons beste gee en met passie speel, ongeag wat die uitslag is.”

Die Bokke se leier sê dit was hul ingesteldheid September in Wellington.

“Ons het eintlik geen druk op ons gehad nie en was nie bekommerd oor die uitslag nie. Alles het teen ons getel. Ons het weg gespeel teen die voorste span in die wêreld ná twee nederlae.

“Dit is goed om dieselfde ingesteldheid te hê, maar ons gaan met dieselfde intensiteit en dalk nog meer moet speel.”

Kolisi is gevra of hy meen die Bokke is beter as wat hul posisie op die wêreldranglys aandui? Suid-Afrika is vyfde op die lys na Nieu-Seeland, Ierland, Wallis en Engeland.

“Ons verbeter elke week. Hulle (die All Blacks) is al so lank die voorste span omdat hulle elke Saterdag op die hoogste vlak speel. Dit is die uitdaging vir ons.

Ek glo wel ons is op pad boontoe.
Siya Kolisi

“Ek glo wel ons is op pad boontoe. Maar dít is iets wat ons Saterdag op die veld moet wys.”

Hy sê die besoekers sal aangevuur wees om die Bokke “te skok”.

“Jy moet in al die fasette die pas volhou. Dit is wat ’n toets teen die All Blacks so ’n groot uitdaging maak.”

Meer oor:  Loftus Versfeld  |  Pretoria  |  Rugby  |  Suid-Afrika  |  Springbokke  |  Siya Kolisi  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.