Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Siya Kolisi nou in kletsrymer Jay-Z se kamp

Die Springbokkaptein Siya Kolisi het hom aangesluit by die kletsrymer Jay-Z se sportbestuursmaatskappy Roc Nation Sports International.

Siya Kolisi met die Webb Ellis-trofee. Foto: Getty Images

Kolisi (28), wat die Bokke aangevoer het in hul suksesvolle veldtog by die Wêreldbekertoernooi in Japan verlede maand, het die nuus Donderdag op Instagram bevestig.

RugbyDump berig Kolisi word die eerste rugbyspeler om ’n kontrak met die maatskappy te sluit.

Roc Nation Sports is in 2013 gestig as ’n onderverdeling van die Amerikaanse hiphop-ster se vermaaklikheidsmaatskappy Roc Nation en verteenwoordig meer as 70 sportlui wat onder andere basketbal, bofbal, boks, sokker en Amerikaanse voetbal beoefen.

Die sportbestuurafdeling is glo gebore uit Jay-Z se liefde vir sport en stel ten doel om sportlui op ’n soortgelyke wyse te ondersteun as wat Roc Nation kunstenaars in die musiekbedryf bystaan.

“My strewe na ’n beter toekoms en om die jeug in ons land en elders te inspireer sal nooit stop nie,” sê Kolisi.

Die vyfmalige bokswêreldkampioen Miguel Cotto, asook die bofbalspelers Robinson Canó en Andre Ward tel onder die sportsterre wat deur Roc Nation Sports verteenwoordig word.

Die nuus is nie net betekenisvol vir die globalisering van rugby nie – veral in die VSA – maar plaas ook die merkwaardige prestasies wat Kolisi en die Bok-span op en van die veld vanjaar in Japan vermag het, in die internasionale kollig.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Siya Kolisi  |  Jay-Z  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.