Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Sjoe, Schalk, wie’t jou so gemoker?’

Wanneer het die Southern Kings-stut Schalk Ferreira begin boks?

Dit lyk omtrent of die Kings-stut deur die swaargewigbokskampioen Deontay Wilder opgefoeter is. So het Ferreira na die Kings se stryd teen Leinster gelyk. Foto: Facebook

So het party mense dalk die afgelope tyd gewonder wanneer hulle na Ferreira se gesig kyk.

Want eers is die 34-jarige voorryman se neus ’n paar weke gelede in ’n Pro14-wedstryd teen Benetton gebreek.

En toe is sy wang verlede naweek teen Leinster oopgekloof. Sy wangbeen is beskadig en hy kan ’n paar weke langs die kantlyn wees.

Deon Davids, die Kings se hoofafrigter, is in hierdie stadium ’n bekommerde man.

Hy hou duim vas dat hy teen 25 November – wanneer die Kings weer in aksie is – vier fikse voorrymanne sal hê.

Die Kings speel dan teen Connacht in die Madibaz-stadion.

Davids was voor die kragmeting met Leinster net so bekommerd.

Die beserings het só onder die Kings se voorrymanne gemaai dat hy genoodsaak was om Nic Oosthuizen by Griekwas te leen.

Ferreira en Justin Forwood was toe teen Leinster die voorrymanne in die Kings se beginspan en Oosthuizen en Lupumlo Mguca was op die plaasvervangersbank.

Die ervare Ferreira, wat altyd alles gee op die veld, is ook een van die Kings se leiers. Foto: Gallo Images

Forwood is eintlik ’n loskopstut wat aan die vaskopkant gesak het. Dié skuif het nie goed gewerk nie met die Kings wat in die vaste skrums kwaai op die agtervoet was.

Mguca het boonop ’n paar dae voor die kragmeting met Leinster met ’n ligte dyspierbesering gesukkel.

’n Mens sou sweer iemand het ’n vloek op die Kings se vorrymanne uitgespreek.

Al agt gekontrakteerde stutte het al hierdie seisoen die een of ander tyd met ’n besering gesukkel, of het steeds las van een.

Benewens Ferreira, Forwood en Mguca is Rossouw de Klerk, Martin Dreyer, Luvuyo Pupuma, Pieter Scholtz en Xandre Vos die ander gekontrakteerde stutte in die Kings se groep.

Dit klink darem asof Rossouw de Klerk reg sal wees om Connacht aan te durf.

Dit kan beteken dat hy en Forwood in die beginspan kan wees met Oosthuizen en Mguca op die bank.

Meer oor:  Boks  |  Pro14  |  Schalk Ferreira  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.