Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skandaal by skool ‘verwoes drome’

Die voormalige Springbok-vleuel Stefan Terblanche is woedend oor die ouderdom-skandaal wat KwaZulu-Natalse skolerugby vroeër vandeesmaand geruk het – veral oor die skade wat dit die oortreders se jong teenstanders en rugby as geheel berokken het.

 in Durban het aan die begin van die maand vier kinders geskors nadat gevind is dat hulle deur die gebruik van jonger kinders se ID-dokumente oor hul ouderdomme gejok het. Twee van die geskorste kinders was verlede jaar in gr. 7 aan die Glenwood Preparatory School en het KwaZulu-Natal in die eindstryd van die Cravenweek vir laerskole verteenwoordig. Hulle is nou onderskeidelik 17 en 18 jaar oud.

Terblanche sê die insident is vir hom bitter teleurstellend.

“Vir my was rugby nog altyd een van die beste en genotvolste spansporte om te beoefen. Soos in enige verhouding het dit goeie en slegte dae opgelewer, en my by tye seergemaak en ontnugter, maar ek het nooit my liefde daarvoor verloor nie,” het Terblanche die afgelope week in ’n rubriek vir S

stefan terblanche
Stefan Terblacnche Foto: Gallo Images

A Rugby Mag geskryf.

“Nou is ek weer op ’n punt waar ek teleurgestel is deur die sport en wat in en rondom dit gebeur. Party mense het vir my gesê ek oorreageer en moet oor dit kom. As jy dink ek oorreageer, moet jy jou kop uit die sand trek en kyk na die skade wat hierdeur veroorsaak is.

“Wat ons onlangs in laerskole-rugby gesien het, is kinders wat rugby speel teen ander wat vier of vyf jaar hul juniors is. Om dit in perspektief te stel: Verbeel jou Frans Steyn wen die Wêreldbeker in 2007 en gaan speel dan o.16-rugby. Dis mans teen seuns!

“Nie net het hierdie spanne vir hulself droomspan-status opgeëis, onoorwonne seisoene geniet en nasion

“Baie geld is belê in die ontwikkeling van hierdie kinders, met skoolgeld, koshuisgeld, afrigting en ander uitgawes. Maar vir my is die grootste skade gedoen toe ander kinders nie plek in spanne kon kry nie, of gebroke gelaat is omdat hulle met rekord-tellings verslaan is.

“Rugby kan nie bekostig om enige spelers of ondersteuners te verloor nie en wanneer dinge soos hierdie op laerskole-vlak gebeur, ruk ons die hart uit rugby, doen skade aan die etiek en alles waarvoor dit staan – en dit kan nooit herstel word nie.”

Terblanche is nie die enigste oud-Bok wat ’n suur smaak in die mond oor die gebeure by Glenwood het nie.

Sy eertydse Springbok-spanmaat Robbi Kempson het vroeër vandeesmaand in ’n onderhoud met Rapport mond uitgespoel oor die gebruik van “onwettige agente” om Oos-Kaapse kinders vir skole – “veral in KZN” – te koop.

“Dit is, om eerlik te wees, siek,” het Kempson gesê.

Meer oor:  Glenwood High School  |  Durban  |  Skandaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.