Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skeidsregter erken blapse in Wallis-sege

Die Franse skeidsregter Pascal Gaüzère het sy blapse erken in twee beslissings, wat die afgelope naweek vir Wallis in die eerste helfte van hul Sesnasies-kragmeting met Engeland tot omstrede drieë gelei het.

Joël Jutge, Wêreldrugby se hoof van wedstrydbeamptes, sê die Fransman, wat ná afloop van Wallis se oorwinning met 40-24 onder kwaai kritiek deurgeloop het, het sy foute erken.

Pascal Gaüzère (regs) en Owen Farrell was nie beste vriende in Engeland se Sesnasies-wedstryd teen Wallis nie. Foto: Getty Images

Dié nederlaag in Cardiff het Engeland se hoop om sy Sesnasies-titel te verdedig tot ’n einde gebring.

“Daar was twee betreurenswaardige oomblikke in die wedstryd wat moeilik was om te hanteer,” het Jutge aan die Franse koerant Midi Olympique gesê.

“Pascal Gaüzère het dit erken toe hy met my oor die foon gepraat het.”

Die eerste van dié beslissings het gekom toe Gaüzère Engeland se kaptein, Owen Farrell, aangeraai het om met sy spelers ná herhaalde strafskoppe teen sy span te praat.

Nadat die spelers in ’n groepie byeengekom het, was hulle heeltemal onvoorbereid toe Dan Biggar na die hoek geskop het en Josh Adams die bal opgepik het sonder ’n verdediger in sig en vir ’n drie oorgeduik het.

“Van die oomblik toe die skeidsregter sê ‘time on’, dan hervat spel, maar dis dan sy verantwoordelikheid om toe te sien dat die Engelse genoegsame tyd gehad het om hulself te herorganiseer, aangesien dit hy was wat die kaptein gevra het om met sy spelers te praat,” het Jutge gesê.

Engeland se frustrasie het weer hoog geloop ná sowat 30 minute se speeltyd toe Gaüzère en die TV-skeidsregter beslis het dat Louis Rees-Zammit, Wallis se vleuel, nie in die aanloop tot Liam Williams se drie aangeslaan het nie.

“Ek dink daar is ’n tendens om te vinnig die televisieskeidsregter se hulp in te roep wanneer jy self die besluit op die veld kan neem en daarby hou. As Pascal die fluitjie geblaas het vir ’n aanslaan, dan sou daar geen appèl deur die televisieskeidsregter kon wees om weer daarna te kyk nie,” het Jutge gesê.

“Wanneer jy ’n fout begaan, dan moet jy deursigtig daaroor wees. Ten spyte hiervan is hy steeds ’n uitmuntende internasionale skeidsregter.”

Nigel Owens, ’n voormalige internasionale skeidsregter, het gesê die twee drieë moes nooit toegeken gewees het nie, maar Eddie Jones, Engeland se breier, wou nie die skuld op die wedstrydbeamptes pak nie. Engeland het ook daarteen besluit om ’n amptelike klag teen die skeidsregter by Wêreldrugby te lê, berig Sky Sports.

• Intussen berig The Guardian dat Gaüzère ondanks sy swak vertoning steeds op die Sesnasies-reeks se skeidsregterspaneel sal dien.

Gaüzère, wat aanvanklik weer die fluitjie sou dra wanneer Engeland vir Ierland in Dublin pak, sal nou as skeidsregter optree in Skotland se wedstryd teen Italië op Murrayfield.

Dit kom nadat Covid-19-beperkings beteken het dat Jaco Peyper homself moes onttrek nadat hy Suid-Afrika nie kon verlaat nie.

Gaüzère sal ook die kantlyn beman wanneer Italië en Wallis volgende week in Rome slaags is. – Sportredaksie

Meer oor:  Skeidsregter  |  Wallis  |  Engeland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.