Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skitterende sege vir OP-Olifante

Die rugbyspan van die Oostelike Provinsie het Saterdag vir hom ’n plek in die halfeindronde van die Curriebeker-reeks se Eerste Liga losgeduik.

Die OP-Olifante was in die WJ de Wet-stadion in Despatch met 22-14 teen die Valke baas.

Giant Mtyanda, kaptein van die OP-Olifante wat Saterdag ’n skitterende oorwinning oor die Valke in Despatch behaal het. Foto: Gallo Images

Dit was ’n wedstryd wat die Olifante moes wen om die uitspeelwedstryde te haal.

Hulle het toe só goed gevaar dat hulle in die derde plek op die puntelys geëindig het en ’n kragmeting met die onoorwonne Jaguares-vyftiental ontwyk het.

Die Olifante en die Valke het altwee met 20 ligapunte geëindig, maar die Olifante het ’n kleiner punteverskil en eindig dus bo die Valke.

Die Olifante sal nou in die komende naweek teen die Griffons in Welkom in die een halfeindstryd speel.

In die ander halfeind moet die Valke die Argentyne in Potchefstroom gaan aandurf.

“Ek dink ons goeie verdediging het beslis gehelp dat ons die wedstryd teen die Valke kon wen,” sê Giant Mtyanda, kaptein. “Ek dink ook ons het beter by die toestande aangepas.”

Die kragmeting is in uiters winderige toestande gespeel. Skoppe teen die wind was iets om te aanskou want die bal is soms meters ver terug gewaai na die skopper se doellyn toe.

Die Olifante het goed gedoen om die eerste helfte met 12-7 voor te loop ten spyte daarvan dat hulle teen die wind gespeel het.

Die Valke het nooit gaan lê nie, maar het hulle meestal teen die Olifante se aggressiewe verdediging vasgeloop.

Dit was eintlik ’n goeie naweek vir die Oos-Kaap want die Grens-Bulldogs het in Oos-Londen daarin geslaag om hul eerste (en enigste) oorwinning hierdie seisoen in die reeks te behaal deur die SWD-Arende met 31-26 te klop.

In Saldanhabaai het die Griffons en die Boland met 20-20 elk gelykop gespeel.

Die Jaguares-vyftiental het die Luiperds Vrydagaand in Potchefstroom met 42-10 verskeur.

Meer oor:  Boland  |  Eerste Liga  |  Griffons  |  Valke  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.