Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skokgolwe trek deur WP ná raadslid bedank
Zelt Marais, president van die WP Rugbyunie. Foto: Gallo Images

Skokgolwe trek deur die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) nadat die raadslid Kevin Kiewitz bedank het.

Kiewitz het ook op die direksie van die WPRU se sakevleuel gedien en was ’n lid van die unie se bestuurskomitee tot tyd en wyl ’n nuwe uitvoerende hoof aangestel word.

Zelt Marais, president van die WPRU, het klubs Dinsdag in kennis gestel van dié verwikkeling.

’n Rede is nie in sy brief verskaf nie, maar gerugte het Dinsdagaand soos ’n veldbrand versprei dat die WPRU besluit het om kop uit te trek in sy ooreenkoms met Investec vir die verkoop en herontwikkeling van die Nuweland-stadion.

Zelt Marais se brief aan klubs wat Kevin Kiewitz se bedanking bekend maak.

Daardie transaksie sou die WPRU glo R110 miljoen in die sak gebring en hom in staat gestel het om skuld van R58 miljoen aan die beleggingsmaatskappy Remgro af te betaal.

Hy sou dan na die Kaapstad-stadion in Groenpunt toe skuif.

Kiewitz het sy bedanking aan Netwerk24 bevestig, maar wou nie redes verskaf nie.

“Ek sal binne ’n paar dae ’n verklaring uitreik. Ek hardloop nie weg nie. Ek tree op in die belang van WP Rugby,” sê hy.

* Marais se kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Westelike Provinsie Rugbyunie  |  Wpru  |  Nuweland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.