Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skopkanon Swanepoel kom Ellispark toe

Die Leeus voer ’n belowende skopkanon vir volgende jaar se Superrugby-seisoen uit Australië in.

SwanepoelFoto: gallo

Tiaan Swanepoel, ’n oud-Matie en ’n voormalige o.22-heelagter van die Westelike Provinsie, is deur die Leeus gewerf om vir hulle in die Superreeks te speel.

Swanepoel is aan die begin van die jaar na Sydney in Australië nadat die WP nie sy kontrak hernu het nie. Hy het ’n seisoen in die Shuteskild-reeks gespeel voordat hy deur die Waratahs raakgesien is.

Swanepoel is maar nog net 21, maar hy het reeds vir ’n opskudding of twee gesorg met sy enorme lang skoppe pale toe. Terwyl hy in Sydney was, het hy vir die West Harbour-klub gespeel.

Hawies Fourie, huidige Cheetah-afrigter wat tot vanjaar nog die Maties afgerig het, het destyds met Swanepoel se vertrek oorsee hom bestempel as ’n baie goeie rugbyspeler en een van die beste stelskoppers met wie hy al te doen gehad het.

“Ek het gehoop dat sy loopbaan in 2018 vorentoe sou gaan nadat hy baie goeie rugby gespeel het in die Varsitybeker-reeks, asook vir WP se o.21’s in 2017. Dit het egter nie gebeur nie. Dit is vir my jammer dat so ’n goeie speler nie in Suid-Afrika tot sy reg kon kom nie. Ek glo hy sal die geleentheid in Australië goed gebruik en vir hom ’n nuwe loopbaan begin,” het Fourie destyds oor Swanepoel gesê.

Australië se verlies is nou die Leeus se wins met die kannonpoot wat Ellispark sy nuwe rugbytuiste maak.

Die Leeus se uitvoerende hoof, Rudolf Straeuli, en Swanepoel se agent, Johan Germishuis, het nie op Rapport se navrae geantwoord nie.

Meer oor:  Leeus  |  Tiaan Swanepoel  |  Superrugby-Seisoen  |  Skopkanon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.