Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Skopwerk hou sleutel tot WB-sukses’

Moenie verbaas wees as ’n skepskop wéér vanjaar ’n bepalende rol speel in waar die Webb Ellis-trofee staanplek kry nie, maar ’n span sal nie in daardie posisie kom sonder ’n taktiese skopplan wat goed uitgevoer word nie.

Breyton PaulseFoto: Gallo Images

Dís die mening van die voormalige Springbok-vleuel Breyton Paulse en ook die bekende skopafrigter Vlok Cilliers. Albei was Donderdagaand by Nooitgedacht Village buite Stellenbosch aan die woord by die bekendstelling van ’n veldtog deur Cilliers om Suid-Afrika se beste jong skopper te vind.

“Jy hoef nie ’n kernfisikus te wees om te begryp dat skopwerk van kardinale belang is nie. Ons wil almal hê die bal moet rondgegooi word, maar skopwerk gaan ’n groot rol by die Wêreldbeker-toernooi (in Japan) speel. Jou skakelpaar se skopwerk, steekskoppies en taktiese skoppe speel ’n groot rol,” sê Paulse.

Cilliers wys ook na hoe spelers se skopstewels deur die jare heen bepalend in Wêreldbeker-toernooie was.

“Sedert 1995 het skep- en strafdoele nog altyd ’n belangrike rol gespeel. Nie baie drieë is gedruk nie, en ek dink nie hierdie WB-toernooi gaan anders wees nie,” sê hy.

Albei stem ook saam dat ’n slim skop-strategie ook die sleutel hou as ’n teenvoeter vir die moderne opskiet-verdediging.

Jy gaan steekskoppies moet kan gebruik teen spanne wat van opskiet-verdediging gebruik maak. Jy gaan op die dag móét kan aanpas.
Breyton Paulse

“Jy gaan steekskoppies moet kan gebruik teen spanne wat van opskiet-verdediging gebruik maak. Jy gaan op die dag móét kan aanpas – selfs as jy deur ’n span soos Japan se lynspoed op die verdediging verras word,” sê Paulse.

“As jy jou in daardie posisie bevind waar jou ruimte beperk word, het jy nie ’n ander keuse as om ’n skopplan in werking te stel nie. Jou binne-agterspelers móét dan goed kan skop. Jy sal ’n skopplan in jou arsenaal móét hê om die Wêreldbeker te kan wen.”

Engeland veral het die skoptaktiek baie slim aangewend in vanjaar se Sesnasies-reeks en Cilliers wys daarop dat Ierland en Wallis ook baie goed begin skop het.

Vlok CilliersFoto: Gallo Images

“Lynspoed het só ’n groot rol begin speel op verdediging en dis dalk ’n manier om dit te troef,” sê Cilliers.

Paulse waarsku dat swak skoppe uit die hand teen ’n span teen Nieu-Seeland deur teenaanvalle gestraf sal word, maar meen daar is beslis waarde in akkurate hoë skoppe.

“Jy wil hulle vleuels laat omdraai, maar ook een of twee van daardie ouens wat nie goed onder die hoë bal is nie toets, en seker maak dat jou speler die kans sal hê om vir die bal mee te ding. Jou skakelpaar is in daardie opsig ongelooflik belangrik,” sê Paulse.

“In die Superreeks word spanne met swak skoppatrone uitgevang. Ondersteuners raak gefrustreerd en sê die ouens skop die bal weg, maar hulle sal ’n ander prentjie sien as daar effektief geskop word. Jy kan druk oplaai as jy dit reg uitvoer.”

Cilliers is oor die algemeen bekommerd oor Suid-Afrikaanse spanne se taktiese skopwerk.

“Ek dink nie die Bokke is ver agter nie. Dis op provinsiale en Superrugby-vlak waar ek dink ons ver agter Nieu-Seeland se spanne is. Dis ’n area wat ons sal móét aanspreek,” sê hy.

Meer oor:  Breyton Paulse  |  Rugby  |  Springbokke  |  Superrugby  |  Wereldbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.