Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skotland kan in WB-eindstryd speel, sê Nel

Drie Suid-Afrikaners van geboorte kan vanjaar vir Skotland uitdraf in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in September in Japan.

WP Nel kan later vanjaar in sy tweede Wêreldbeker-toernooi vir Skotland speel. Foto: Getty Images

Die stutte WP Nel (33) en Allan Dell (27) het onderskeidelik reeds 24 en 17 toetse vir Skotland gespeel, terwyl die losvoorspeler Josh Strauss (32) ook al 15 keer vir sy aangenome land uitgedraf het.

Hulle is in die Skotte se voorlopige WB-oefengroep van 42 spelers.

Tensy beserings hulle pootjie, is die kans baie goed dat al drie die reis na Japan sal meemaak.

Nel, ’n boorling van Loeriesfontein in die Noord-Kaap, en Strauss, ’n boorling van Bellville, het reeds in een WB-toernooi gespeel, terwyl Dell, van Humansdorp in die Oos-Kaap, nou sal poog om Gregor Townsend (afrigter) se groep te haal.

Allan Dell se eerste Wêreldbeker-toernooi wink. Foto: Getty Images

el sê hy weet daar lê nog ’n lang pad voor, voor die finale groep aangewys word.

“Ek kan nie glo dit is al byna vier jaar ná my eerste Wêreldbeker-toernooi nie. Dit is regtig ’n voorreg om weer in die groep te wees,” het Nel uit Edinburg laat weet.

Hy sê hy is net so opgewonde soos die eerste keer toe hy die oefengroep vir die vorige Wêreldbeker-toernooi in Engeland gehaal het.

“Ek is selfs nog meer opgewonde, want ek weet dit kan miskien my laaste kans wees om in ’n Wêreldbeker-toernooi te speel.”

Hy sê dis ’n lekker gevoel om saam met sy groot vriende Dell en Strauss in die groep te wees.

Nel sê hy het nooit verwag dat hy Skotland moontlik in twee WB-toernooie sal kan verteenwoordig nie, maar dit het altyd in maar in sy agterkop gemaal.

“Dit bly ’n ongelooflike voorreg om jou land te kan verteenwoordig, altyd.”

Josh Strauss is ook die wedloop om in sy tweede Wêreldbeker-toernooi vir Skotland te speel. Foto: Getty Images

Vir nou sien Nel uit na ’n goeie voorseisoen vir die skouspel in Japan, maar veral daardie eerste wedstryd op 22 September teen Ierland in Yokohama.

’n Kuitbesering het Nel in vanjaar se Sesnasies-reeks gekniehalter, maar hy het steeds twee keer die Skotte se beginspan gehaal.

Skotland kon net een van sy vyf Sesnasies-wedstryde wen. Nel glo nietemin hulle is goed genoeg om hulself te laat geld in Japan.

“Ons werk baie hard en ek het nog nie ’n groep spelers gesien wat so gedrewe is om te verbeter nie. Die begeerte om te wen, is ons groot dryfveer.

“Ek glo regtig as ons speel tot die beste van ons vermoë, is ons ’n werklike aanspraakmaker om in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi te speel,” sê Nel.

Skotland het in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi in 2015 met ’n punt (34-35) teen Australië verloor. Australië het uiteindelik die eindstryd gehaal.

Meer oor:  Skotland  |  Toetsrugby  |  Wp Nel  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.